sr1301_hjg_2_
Ons praat met

SA akteur saam met Orlando Bloom in nuwe film

Die regisseur is die Fransman Jérôme Salle.

Dit was fantasties, hoewel die wind verskriklik gewaai het by Macassar-strand naby Somerset-Wes waar ons geskiet het. Ek, Orlando en Forest het ’n woonwa waarin die grimering en hare op stel gedoen is, gedeel. Toe ek op dag een daar instap, was hulle besig met Orlando se hare. Forest het ’n rukkie later ingestap, hom voorgestel en gevra waar ek vandaan kom. Hy het my ook sterkte toegewens met die rolprent. Forest en Orlando was altyd vriendelik. Hulle was baie gefokus as hulle gewerk het.

Toe ek in September die rol kry, het baie emosies deur my gegaan. Jy wil tegelyk huil en lag. Dit beteken baie vir ’n plattelandse klong om saam met sulke sterre te speel. Ek moes baard groei vir my rol as kroegman. Toneelspel is vir my soos ontvlugting – dis my lewe!

Ek was in gr. 7 toe ek die eerste keer die hoofrol in ’n toneelstuk, Gelukkige Asjas, gespeel het. Ek was so senuweeagtig, maar toe ek die eerste sin op die verhoog sê, was ek ‘tuis.’ In matriek het ek in ’n Rapport-kompetisie die rol van Shaun Jackson losgeslaan vir twee episodes in die kykNETsepie Villa Rosa. Ná skool het ek ’n jaar lank drama studeer by Northlink College se Tygerberg-kampus. Ek was ook al in TV-advertensies, en het in opvoedkundige teaterproduksies gespeel om mense bewus te maak van die gevare van MIV/vigs. Ek bewonder plaaslike akteurs soos Christo Davids, Theodore Jantjies en Anna-Mart van der Merwe. Hulle is so nederig en talentvol. Ek hoop om dit eendag in Hollywood te maak. Dalk kry ek ’n kans in komedies, aksie-flieks en diep dramas. As jy in jouself glo, is enigiets moontlik.”