Ons praat met

SA Idols is terug – hier’s oudisie-datums

Nou gaan Suid-Afrikaners in 2010 nie net langs die sokkerveld sing nie, maar met die plaaslike Idols is binnekort terug. Dis nou jou kans om jou stembande af te stof en die mikrofoon te vat.

As jy tussen 16 en 30 jaar oud is, waarvoor wag jy? En as jy van Bloemfontein is, nog beter, want jy hoef nie meer al die pad noord te trek na die Goudstad vir jou kans in die kollig nie – hulle gaan oudisies in Bloem ook hou. Dieselfde geld vir P.E.

Idols-oudisies vind ook oor naweke en op openbare vakansiedae plaas. (So, daardie ekstra verlofdag in Desember is veilig.)

Idols (6de seisoen) word vanaf Julie 2010 op M-Net uitgesaai, en oudisies begin reeds in April (sien kassie). Om in te skryf gaan na www.mnet.co.za

**Intussen kan jy die drama rondom American Idol op M-Net dophou. Die top-24 is pas aangewys en kyk hierdie Sondag om 17h00 op M-Net hoe hulle vaar. Supersterre begin ook eersdaags, hou sarie.com dop vir meer.

Oudisie-datums:

Kaapstad 6 April, 2010 by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum (KIKS)

Durban 17 April, 2010 by die Gateway-inkopiesentrum

Johannesburg 24 April, 2010 by die Sandton Internasionale Konvensiesentrum

Port Elizabeth – 2 Mei, 2010 by die Boardwalk-inkopiesentrum

Bloemfontein – 8 Mei, 2010 by die Windmill-sentrum

  • PIETER VAN HEERDEN

    is daar in mei 2010 n oudisie erens naby Lempopo…..email my asb…….Dankie

  • rfxeBV navsgewogrpj, [url=http://kjdikbxzsgmj.com/]kjdikbxzsgmj[/url], [link=http://oksqckdxvput.com/]oksqckdxvput[/link], http://zflfwerlnobu.com/