sk0812cocktails07
Ons praat met

SA se vloeibare manne!

LiquidChefs, die SA maatskappy wat sedert 2003 ‘n revolusie in die sg. mobiele kroegbedryf begin het, het onlangs weer gewys hulle is glad nie nat agter die ore nie. ‘n Maand gelede by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, het hulle gesorg dat die top-gaste se kele stylvol geolie bly by die Belvedere Hotel, waar hulle skouers geskuur het met sowat 600 van die wêreld se invloedrykste mense, waaronder presidente, eerste ministers, sakelui en celebs.

Internasionale direkteur van LiquidChefs, Shai Evan, sê: ”Dit was ‘n voorreg om by dié ongelooflike byeenkoms die drankies te skink, om dit als te kon beleef. Ons het ‘n ver pad geloop as Suid-Afrikaners. Dié kaliber van gebeurtenis het ons definitief in ‘n ander kategorie geplaas.”

*Besoek ook www.liquidchefs.co.za