Ons praat met

Sandi Schultz: ‘Dit gaan nie oor my buitekant nie. Ek wil goed voel’

Die ekstra gewig en die siste was haar “protective

padding”, glo sy. Die pyn weens die siste was haar onderlyf se manier om “af te sluit”.

Sandi moes haar verkragting én 12 jaar se molestering as kind verwerk. Dit het jare geduur. Haar lyf se genesing het begin toe sy in Los Angeles geleer het om te hoelahoepel (sy het 12 jaar daar gewoon).

Kop onder ’n duvet

“Ses maande ná die verkragting het ek Amerika toe getrek. Ek het aanvanklik verskriklik naar geword van die spanning. In die eerste jaar het ek baie gewig aangesit. Ek het ’n groot deel van daardie jaar in die bed gelê met die duvet oor my kop. Ek kon nie werk nie, want ek het toe nog nie ’n groenkaart gehad nie. Omdat ek nie besig was nie, het ek in my kop geleef.

Ek het gedigte geskryf en geteken. Dit was ’n vorm van kreatiewe genesing. “In daardie jaar het ek Gravessiekte gekry [jou skildklier is ooraktief en dit veroorsaak simptome soos hartkloppings en jy’s kort van asem, sweterig en bewerig]. Die dokter het gesê dis geneties en ’n groot krisis kan die siekte laat kop uitsteek. Ek moes vir twee jaar medikasie daarvoor neem. Ek het uiteindelik ’n operasie ondergaan om die siste van my eierstokke te verwyder. Ná ’n jaar het ek weer begin oefen en gewig verloor.”

Herstelpad

“Dit was ’n lang pad na genesing. Agt jaar ná die verkragting het ek ’n vrou in Los Angeles gesien wat ge-hoelahoepel het. Ek wou dit ook probeer. Toe ek dit aanvanklik nie kon regkry nie, wou ek wegloop uit die klas, maar vyf uur later was ek steeds daar. Dit het baie gehelp, want ek moes my onderlyf gebruik – die deel wat ek ‘afgesluit’ het. Dis ’n speelse, kinderlike ervaring. Die vierjarige meisietjie wat so vinnig moes grootword, het uiteindelik ’n kans gekry om te speel. Dit was ’n ongelooflike vorm van terapie, hoewel ek dit nie aanvanklik besef het nie.

Ek het eers later besef dit was besig om my te help om baie van my kwessies te verwerk.”

Gesond

“Nou, 20 jaar nadat my skildklier ooraktief was, is dit onderaktief. Ek het die laaste paar jaar nogal gewig aangesit. Dalk het dit te doen met my ouderdom. Ek haat dit om die woord ‘middeljarig’ te gebruik, maar dalk is dit die middeljare wat my tref.

Ek het besluit 2011 is die jaar van bikram-joga [jy doen joga in ’n warm kamer] en ek gaan ook weer begin hoelahoepel. Ek is opgewonde om te ervaar hoe my lyf sterker en meer soepel gaan word. Vir my gaan dit nie meer oor hoe ek aan die buitekant lyk nie. Ek wil goed voel.”

 

Wat ek geleer het

Tien jaar gelede wou ek ná ’n oefenklas in die gimnasium onmiddellik die beste, sterkste en soepelste wees. Dis nie meer belangrik nie. Ek sien nou uit na ’n hele jaar om fisiek te ontwikkel en te sien hoe my lyf verander.

Ek werk daaraan om gesond te wees en stamina te hê. Hoe ek lyk, is ’n bonus.

As ek nie op my ouderdom gaan reg eet, oefen en joga doen nie, gaan my lyf versteen.

Ek wil nie een van daardie ouer vroue wees met ’n krom rug nie.

Trek klere aan wat jou lyf vlei.

 

  • Andre Visser

    Sandi was en is nog altyd n bitter mooi vrou!
    Jammer sy moes die pyne en verdering deurgaan – en steeds BLOM sy!
    Sy sal nog n ikoon word baie mense wat dink die lewe is nie die moeite werd nie – Sandi is n WOW vrou!

  • Hendrina Lambert

    O ja Sandy jys ñ pragtige talentvolle dame met die mooiste glimlag. Ek is bly jy kon al die trauma in jou lewe verwerk. Hou so aan jy is pragtig.Lief vir jou!

  • Janneke

    Nog nooit van haar gehoor nie, hierdie onbekende celebs maak geen indruk op my nie

  • Hyla

    Sandi is n pragtige vrou met n wonderlike persoonlikheid… ongeag dit wat die lewe na haar gegooi het, bly sy statig en is voorwaar vir my n persoonlike inspirasie… sterkte Sandi en net die beste vir jou lewensreis vorentoe…xx

  • gmzblv

    tMtfFa cbdwehsvkqku, [url=http://oehejwemczuf.com/]oehejwemczuf[/url], [link=http://hxoapnbxqwas.com/]hxoapnbxqwas[/link], http://dinpmyylzsgv.com/