Ons praat met

Sandra Bullock: “In my 40’s lewe ek soos ék wil”

Sy maak films, kweek organiese avokadopere en jaag met ‘n motorfiets deur die woestyn. Is daar iets wat sy nie sal aanpak nie?

“My tienerjare en vroeë 20’s was nie vry en sonder kommer nie, soos jongmense dit nou maar het. Die ag-kom-ons-vergeet-van-alles-dis-die-goeie-tye-stadium is by my verby, want ek was bekommerd as ek nie werk, werk, werk nie, sal ek nooit iets bereik nie. Nóú, in my 40’s, gun ek myself die vryheid om niks te doen én hope pret hê,” sê Sandra Bullock op Harper’s Bazaar se webtuiste.

Sy’s al vir 4 jaar met Jesse James (40) getroud en stiefma vir sy kinders Chandler, Jesse Jr., and Sunny.
“‘n Mens hoef nie geboorte te skenk om ‘n familie te hê nie. Ek gaan nie vir twee sekondes van my lewe wens ek het iets, terwyl ek voor my siel weet ek dit nie het nie. Dis moeilik om dinge op jou manier te doen wanneer almal anders vir jou sê jy moet dit doen soos hulle dit doen.”

G’n SJP of Nicole Kidman as dit by mode kom nie, beweer Bullock.
Sy’s ewe tuis in Dior-aandrokke as in ‘n paar motorfietsstewels in die middel van die woestyn. En dit is soms juis hoekom ons so baie van haar hou. Wanneer sy egter by haar huis in New York is, hou sy daarvan om met modes te eksperimenteer en ‘n paar vergete items uit die kas te haal. Sy bewonder mode-sterre soos Sarah Jessica Parker en Nicole Kidman, maar laat haarself nie in dié kategorie geld nie. (‘n Mens sou dit nie sê na daardie pragtige Marchesa-rok wat sy by vanjaar se Oscars aangehad het nie…)

Vir langer as 15 jaar betower sy op die grootskerm. Sy doen alles wat die sterre doen – haar man is bekend, sy maak groot flieks, sy gee miljoene vir liefdadigheid, maar als sonder die fanfare.

Is daar iets wat sy nie sal aanpak nie?
“‘n Musiekblyspel. Ek kan nie sing nie. Ek ken my perke.”