FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Ons praat met

Sandra Prinsloo gee raad vir verhoudings

“Vroue se intuïsie is baie skerp as dit by hierdie dinge kom.” Só het Sandra gesels in ’n eksklusiewe onderhoud met SARIE oor die verbrokkeling van haar verhouding met haar lewensmaat van sewe jaar.

Sodra jy na jou sesde sintuig luister, moet jy ’n besluit maak, sê sy. “Besluit wat jy met daardie besef wil doen.  Baie vrou besluit hulle gaan aan met die verhouding, hoop dit (die gevoel dat alles nie reg is nie) gaan eendag weg. Ek is nie een van daai vroue nie. Daar’s verskillende dinge wat ’n rol speel, soos kinders en so aan. Maar as die verhouding jou miserabel maak, jou siek maak, wat’s die punt? Jou kinders gaan dit in elk geval agterkom.”

Vroue maak ook dikwels die fout om hul geluk van iemand anders te laat afhang.  “Geluk hang glad nie van ’n verhouding af nie,” sê sy, “dit hang van jouself af. ’n Ander mens kan jou nie gelukkig maak nie. Jy kan gelukkige tye deel met iemand, maar hulle kan jou nie gelukkig maak nie. Jy moet dit in jouself kry. En daar’s baie maniere. Mens moet net die manier kry wat vir jou werk. As jy nie ’n volronde mens is wat gelukkig is in jouself nie, kan jy nie ’n gelukkige verhouding hê nie.”

Een manier om geluk te vind, is om die beste mens te wees wat jy kan wees, onder alle omstandighede, sê Sandra. “Dis eintlik wat ek dink mens se doel hier is. Be the best you can be. Groei, groei groei. Hou net nooit op met groei nie. Jy moet gedurig vir jouself vrae vra, en jy moet gedurig diep in jouself delf om dinge te verstaan , na vore te bring, te belig.”

*Lees ons volledige onderhoud met Sandra Prinsloo in die Augustus-uitgawe van SARIE met aktrise Erica Wessels op die voorblad.

  • Brenda van der merwe

    liewe sarie en aan al die vroue. ek het die artikel gelees van Sandra prinsloo ‘Ek’s geen slagoffer’ baie goei artikel vir vroue wat daar deur gegaan het! ek wens ale vrou kan dit lees en weet dis nie die uinde nie maar n niew begin! mooi sos Sandra! ek is 28 met 3 kinders en was 3 jaar trug deur die selfde as Sandra en was vir my n niewe begin en my kinders, liewe Jesus het n plan met ons almil en vroue wat deur dig gaan moet weet julle is nie aleen en daar is baie vrou wat deur dis gaan. Sandra Prinsloo ek en jy is soos 1 mens en mense het my gevra hoe kry ek dit reg om deur dit tegaan en met 3 kinders en ek was n huis vrou op die tyt maar ek het my pragtig kinders en n wonderlike famielie wat altyt daar vir mekaar is! ek wil net aan al die vroue se,JESUS HET N DOEL MET ONS ALMIL EN JY IS MOOIER AS N ROOS,MOOIER AS DIE MOOISTE DIAMANTE WAT DAAR IS EN HY HET IETS GROOT VIR JOU EN BETER! Brenda van der merwe.

  • Sarena Smit

    ‘n Mens kan NOOIT jou geluk op ‘n ander een se ongeluk bou nie. Sodra jy iemand steel wat reeds in ‘n verhouding of – soos in Sandra se geval – nog erger, in ‘n huwelik is dan kan jy mos nou nie EWIGE geluk en liefde ook opeis nie!!!???? Sandra (en haar lewensmaat wat op daardie stadium ‘n getroude man was – gelukkig of ongelukkig is GEEN verskoning nie) het mense na aan hulle erge pyn en verskeuring veroorsaak toe sy die man van sy gesin "gesteel" het. As persoon en aktrise en aanbieder hou ek regtig baie van Sandra maar sy moes geweet het sy speel met vuur wat jou brand lank nadat die vlam uitgedoof het. Dit is jammer dat sy nie intelligent genoeg was om destyds weg te stap en toe seergekry en klaar seergekry het omdat sy "hom" nooit sou "Hê" nie, as wat klomp mense se harte en lewens in die slag gebly het en nou sewe jaar later sy self die rou seer moet verwerk nie. Jammer Sandra maar dit is die wrang oes van jou eie selfsug en verraad wat jy willens en wetens gesaai het destyds, en jy sal moet verantwoordelikheid aanvaar daarvoor. Alle sterkte vir jou pad na heling van hier af.

  • Altha Claassen

    Dit is so maklik vir mense om klippe te gooi. Moet NOOIT maar NOOIT oordeel nie. Al was jy in ‘n soortgelyke situasie verskil dit van ander s’n. Elke mens het ‘n ander verwysingsraamwerk en samestelliing – GEEN 2 mense is dieselfde nie. Moet jou NOOIT in God se plek stel om mense te veroordeel nie. Die Woord sê jy sal met DIESELFDE oordeel geoordeel word waarmee jy OORDEEL. As mens nie iets aan jou eie vel gevoel het nie, weet jy nie waarvan jy praat nie. So swyg liewer oor ander mense se lewens of optrede. Ons is net veronderstel om LIEFDE te LEEF. So Sarene Smit sit ‘n wag voor jou mond!!! Gaan bekyk jouself bietjie in die lewensspieël en kyk of jou so volmaak is soos wat jy wil voorgee. Ons is MENSE en mense is feilbaar. So iewers het jou ook krake.

    Sandra, dankie vir jou inset. Dit is van groot waarde vir die meeste van ons en kan ons almal iets daaruit leer.

    Sterkte vir jou pad vorentoe jy is pragtig.

  • Sonja van Zyl

    Beste Sandra, jy het ongelukkig ‘n ervaring deurgemaak wat duisende vrouens daagliks ook ervaar, maar wees innig dankbaar dat jy nou weer ‘n kans het om jouself te vind en die mens te wees wie jy veronderstel is om te wees. Jou "groot liefde" is ‘n "groot wild jagter" en sal sy lewe deur lank prooie jag ! Dit is ongelukkig sy swakheid. Jy het nou weer jou vryheid; onafhanklikheid; jou eie wil; geluk; vrede en harmonie, en dit is van onskatbare waarde. Moenie dat hierdie negatiewe ervaring jou afsit om enige verhoudings in die toekoms aan te knoop nie. Jy is baie wyser en sal nie in dieselfde slag gate trap nie. Voorspoed en dankie dat jy vir ons vroulike geslag ‘n toonbeeld van waardigheid en elegansie is.