Ons praat met

Sanger Vaughan Gardiner het ‘n toekoms wat blink

Vaughan is Sean Else en Johan Vorster van Mozi Records se nuwe vonds. Dié twee het ’n oog vir sukses, met kunstenaars soos Bok van Blerk en Lianie May in hul stal. Vaughan was ook een van die benoemdes vir ’n Vonk-toekenning as beste nuweling in 2009.

“Hy sweet musiek en talent,” sê Sean. “Hy sing en skryf nie net nie, maar vervaardig ook. So het hy Bok van Blerk se CD Afrikanerhart vervaardig. Hy’t die vermoë om op alle musikale vlakke te ontwikkel.”

Passie: Hoewel hy syfervaardig is, het Vaughan besluit om nie verder vir ’n geoktrooieerde rekenmeester te studeer nie, maar eerder heeltyds musiek te maak. “Ek wil nie soggens opstaan en ongelukkig wees met wat ek doen nie. Ek wil musiek lééf, my lewe lank.

Debuut-album: “Wie ek is is ’n kombinasie van pop- en rock-musiek, met klassieke elemente soos viole wat ook in my liedjies gehoor kan word.”

Lewe in die kollig: “Ek gaan nederig bly en my voete op die aarde hou, maak nie saak hoe gewild ek word nie.”

X-faktor: “Mense moet welkom voel as hulle na ’n optrede kom kyk. Ek glo ek kry dit reg.”

* Besoek ook www.mozirecords.co.za.

* Kyk na sy video van “Gooi jou arms om my”.