img_0270
Ons praat met

Sangpaar breek op: Corlea praat

“Ek het lank uitgehou ter wille van my en Rudi se vriendskap, maar ek het ‘n punt bereik waarin ek wonder of vriende so teenoor mekaar optree soos Rudi en sy eggenoot Stephen teenoor my opgetree het.”

Corlea sê daar is al van begin laas jaar konflik onder die Lieflinge.

“Ek en my ma, Mesadi, en Rudi en Stephen het almal sterk persoonlikhede. Ons het al lelik vasgesit op toer, maar kon op ‘n manier dinge aanmekaar hou. Ek voel die konflik het groter geword omdat ons nog nooit by die kern van die probleme uitgekom het nie.”

Corlea vermoed Stephen (wat die sangpaar se bestuurder was) en Rudi het nie altyd haar belange op die hart gedra nie. Sy het byvoorbeeld eers twee weke gelede gehoor dat SARIE haar sedert November 2010 soek vir ‘n voorblad.

“Dit sou vir my ‘n groot eer gewees het en baie vir my loopbaan beteken het.”

Stephen het SARIE se stylredakteur, Fanie Cronje, meegedeel dat Corlea nie alleen op die voorblad kan verskyn nie omdat sy en Rudi ‘’n pakket” is, en as een handelsmerk bemark word. Nietemin het Rudi die afgelope maande by meer as een geleentheid  onderhoude aan joernaliste en publikasies soos Huisgenoot toegestaan.

“Ek vermoed daar kan baie geleenthede wees wat na my kant toe moes kom waarvan ek nie geweet het nie,” sê Corlea. “Maar Rudi het baie vir my loopbaan beteken en ek wil hom nie sleg maak nie.”

Met een van hul laaste konserte onlangs was die atmosfeer tussen hulle baie styf.

“Gelukkig is ons goeie akteurs en ek twyfel of die gehoor dit agtergekom het. Maar met die laaste liedjie van die vertoning het Rudi baie emosioneel geraak en my ‘n stywe druk gegee en huilend van die verhoog af geloop.”

  • ELSIE

    GIRL JY IS STUNNING VERBY O GENADE AS JY SING KOM DIE TRANE SOMMER VANSELF .JY HET N ONGELOOFLIKE STEM .RUDI SING OOK MOOI JY HET N HELE WERELD AGTER JOU HOU NET AAN SING EK SAL JOU CDS KOOP

  • Liandi

    Sterkte aan julle albei. ek mis julle!

  • Miranda Victor

    Sterkte vir jou Julle het pragtig saam gesing,maar Rudi se haarstyl en klere het die laaste tyd nie meer by jou gepas nie.Geniet die nuwe uitdagings

  • Martie Grobler

    Corlea ek ken jou nie jy lyk na ‘n pragtige mens, lig jou kop op meisie en kyk die wêreld in die oë, en onthou plaas jou vertroue in jou Hemelse Vader daar lê ‘n blink toekoms vir jou.

  • Petro

    Dit is baie hartseer dat hul paadjies skei, maar ek wens beide van hulle alle sukses toe. Ons sal altwee ondersteun. Voorspoed Corlea!

  • Liandi Jonker

    Julle albei weet hoe mal ek oor julle is (was) dankie vir julle prag-musiek en die rukkie wat ek julle kon ken het. Dankie vir jou en Rudi se vriendskap, lief julle xx

  • Liandi Jonker

    Julle musiek leef voort in my hart

  • Opgewonde

    Kan nie wag vir die voorblad nie!!! Sal sooo stunning wees ;)

  • Christa van der Walt

    Dis vir my n baie treurige saak…ek verstaan die situasie, maar ai, Corlea, ons gaan julle 2 engelstemme saam mis!!!! Ek hoop en bid dat jy vorentoe n reuse sukses van jou sangloopbaan sal maak….mal oor jou!!!! God bless!!!!

  • Louwrens

    Corlea – ek dink jy moet jou sesde sintuig vertrou – waar ‘n rokie trek brand gewoonlik ‘n vuurtjie. Jy is in elke geval die een met die stem – jy sal as solokunstenaar groot hoogtes bereik.

  • Zandra von Vollenstein

    Voorspoed en Gods Rykste seenwense vir jou……..Dit is die Here se plan en jy sal die pad kan loop…..daar sal draaie en kinkels wees, maar Hy sal nie jou hand los nie….Ons bid saam met jou….

  • Jorrie Jordaa

    Sterkte vorentoe Corlea! Ek het julle vertoning in die Menlyn Barnyard baie geniet…stunning!! Jammer vi di skeiding maar as jou lewe beter af as solo sanger gaan wees …..go girl….jy is’n stunning performer!!!!!

  • Reinette

    Julle is altwee baie talentvol en ek wens altwee van julle GROOOOT sukses toe. Dankie vir die wonderlike musiek wat julle saam vir ons agterlaat en ons sal altwee van julle ondersteun. Dit is ‘n nuwe fase…..geniet dit.

  • Hyla

    Corlea jy is n pragtige mens met die mooiste stem – Rudi en jouself maak n absolute prag-paar… (het altyd gedink julle twee is n paartjie, (sorry)) – noudat ek sy storie gelees het (bipoler) verstaan ek soveel meer – so iemand voel nie aldag sy beste nie – nietemin, julle musiek sal altyd my gunsteling bly. Sterkte vorentoe en wie weet, miskien kan julle die probleme uitsorteer en ja, asb Sarie, Corlea sal n wenner wees op die voorblad…

  • Zirkia

    Corlea ‘n mens kan verstaan as jy gevoel het tot hierna toe en nie verder nie. Ek glo as ‘n duo moes julle albei gelukkig gewees het in die vennootskap. Nietemin is ek baie spyt julle sing nie meer saam nie maar ek wens jou alle sterkte toe vir die toekoms. Wie weet, dalk in die toekoms as die stof gaan lê het maak julle dalk weer so paar mooi cd’s vir ons.

  • Hannie de Waal

    Dit is vir my ‘n absolute TRAGEDIE dat julle uitmekaar is!! Ek luister nog elke dag na julle "Lieflinge CD", julle het saam, perfekte musiek gemaak. Dit is jammer dat alles moes eindig met ‘n bitter smaak in die mond. Kan nie wag om te hoor hoe jy op jou eie gaan klink nie. Sterkte vorentoe!

  • http://www.sarie.com A Hamilton

    Jy is stunning! Kan nie wag vir ‘n voorblad nie. is moeg om vir 7de laan girls te kyk wat almal anoreksies lyk

  • lettie

    Ek hou ook baie van julle musiek, maar as dinge nie uitwerk nie, is dit nie die moeite werd om aan te gaan, en te maak of alles reg is nie. Julle kan albei op julle aparte loopbane konsentreer en die beste daarvan maak. Wens julle sterkte toe vir die toekoms, en alles van die beste.

  • Roelof

    Jy (alleen) is SA se volgende SUPERSTER – go girl!

  • Francis

    Corlea my mens jy is pragtig moet nie dat sulke dinge jou onderkry nie. Dit is nie die moeite werd nie. Gaan op jou eie en ek weet vir ‘n feit jy gaan ‘n sukses van dit maak. Moenie dat Rudi jou afpers nie. Gun hom met sy talent ook die beste. JY CORLEA IS MAAR DIE BESTE.
    Goed gaan.

  • cornelia

    Jy het n pragtige stem en ek het nog altyd gedink jy en Jannie Moolman moet iets saam sing. Voorspoed met jou sang loobbaan, solo sal jy n sukses kan maak.

  • Daphne van Waardhuizen

    Corlea, jy en Rudi het pragtig saam gesing, ek is mal oor duette, maar jou stem alleen laat my aan Connie Francis sin dink, so ek glo jy alleen gaan baie mooi musiek maak Lief julle albei Daphne

  • teresa de villiers

    STERKTE AAN ALBEI VAN JULLE maar jy het geen worries nie girl, jy is stunning verby en met daai stem kan jy maar seker wees ek koop jou CD’s

  • Isabel

    Corlea ek is mal oor jou. Kan nie wag vir jou solo cd nie. A change is as good as a holiday. Kam you hare anderste, trek gewone klere aan en kry ‘n huppel in jou stap. Jy is pragtig

  • http://www.chino.co.za Monica du Plessis

    Nuwe horisonne, nuwe hoofstukke – vorentoe kyk

  • Andrea

    Julle beide het ondersteuning en genade nodig, om hierdie saak op ‘n mooi manier te laat uitwerk. Corlea en Rudi jul kan beid solo CD’s maak. Vriendskap is en moet sterkter wees as klein krap plekkies. Corlea jy kan en mag nou jou eie ding doen en dit wat jy voel jou benadeel het, sal nou ryklik as seen aan jou gegee word. Hou jul vriendskap mooi. Baie sterkte vir julle beide.

  • Andrea

    Julle beide het ondersteuning en genade nodig, om hierdie saak op ‘n mooi manier te laat uitwerk. Corlea en Rudi jul kan beid solo CD’s maak. Vriendskap is en moet sterkter wees as klein krap plekkies. Corlea jy kan en mag nou jou eie ding doen en dit wat jy voel jou benadeel het, sal nou ryklik as seen aan jou gegee word. Hou jul vriendskap mooi. Baie sterkte vir julle beide.

  • Helen

    Corlea, ek het altyd gedink jou stem besit kwaliteite vir opera. Gaan kuier vir een van ons land se opera diva’s. Ek is oortuig daarvan die La Scala of Weense Operahuis wink vir jou. U go girl !!!

  • Gerda

    Corlea

    Jy het ‘n ongelooflik stem. Jy gaan dit nog vêr bring. Vertrou net en jy gaan ‘n sukses maak van jou loopbaan.
    Jy en Rudig het mooi saam gesing maar jy kan dit alleen ook doen.
    Alle sterkte vir jou

  • http://www.showerline.co.za Susan Botma

    Sterkte Corlea – sien uit om jou engelstem solo te hoor. Tragies dat dinge so moes uitwerk. Julle was so ‘great’ saam! Asseblief Sarie – ons sal graag vir Corlea op die voorblad wil sien. Sy is net so mooi as wat haar stem is.

  • Elma

    Ek stem saam, Corlea het ‘n pragtige stem, sterkte vir haar pad vorentoe, sy het ons ondersteuning

  • Mike

    WOW

    JY MAG MAAR EN EK SAL WAT GEE om jou vroulikheid en elegante kant wil bederf..vergeet die seer vd breek , dis deel van die lewe,fokus op JOU ,JOU VROUWEES en wees net jy..die awesome mooi vrou
    Jy is stunning mooi

  • Sammy

    Dis ‘n hartroerende en soms ontstellende storie oor hoe sy allegedly agtergehou is. Sterkte met die pad vorentoe. Ek wens rerig ek het geweet WIE JY IS!

  • Ingrid

    Sterkte julle, hopelik kan julle weer in die toekoms saam werk. God het aan beide van julle uitsonderlike talent gegee, gebruik dit tot Sy Eer!

  • louise adams

    OK.Jy kry die boodskap.Leef nou die toekoms

  • Koos

    Wie is sy?

  • Kleintjie

    Corlea, alle sterkte vorentoe! Ek sou wat wou gee om weer ‘n slag te sing – maar dit doen ek net as ek alleen is – was ‘n jongedame wat op skooldae ook volgens almal ‘n "engelstem" het, maar jul soort lewe is te veeleisend en ek te temprementeel!! So ek is vandag ‘n doogewone ma, het ‘n stunning werk en baas – maar soms net soms kom die heimwee om net weer in die "limelight" te wees – ja so droom ons almal maar. (sing kan ek nog sing-maar ek het gekies)
    Hou jou kop hoog – jy het ‘n stem gkry om te gbruik.

  • Lindie

    Ek dink dit is beter om liewer maar te skei as venote, want mens kan maklik soos die tyd aangaan ‘n renons in mekaar ontwikkel. Ek het ook gedink dat jy nie bilik behandel word nie, want wat goed is vir een, is goed vir die ander. Sterkte vir jou solo loopbaan, Corlea ons hou die pers dop en sien uit na jou solo projek. Sarie, doen asb. vir ons die Corlea voorblad. Hierdie is ‘n nuwe begin vir jou, gryp dit met albei hande, en die publiek sal jou ondersteun. Xx

  • bessie vd walt

    hou jou kop hoog meisie alleen sal jy dit maak jy is stunning en het pragtige stem ek het geweet die dag toe rudie trou dis die einde van jul loopbaan met die snaakste hare en als sterkte ons sal jou cds koop

  • Piet van Rensburg

    Ek dink die ander partye in hierdie verhouding is die oorsaak van die verbrokkeling. Rudi en Corlea is ongelooflik saam, maar geld en gierigheid is altyd die ondergang van alles wat mooi is in die lewe. Ek hoop en vertrou dat beide die twee dit sal oorweeg om hul griewe ter wille van hul loopbaan uit te sorteer. Sterkte aan "Ons Lieflihge"

  • Netta

    Dis baie jammer, want na my mening was dit een paartjie (sang) wat nooit moes ‘skei’ nie!

  • Ria

    Corlea jy het ‘n unieke stem – kry vir jou ‘n ander bestuurder en gaan klop aan by deurwinterde sangers met goeie stemme soos Rina Hugo en Jannie Moolman vir raad.

  • Barney

    Corlea, n mens met so n pragtige stem en die optrede, cd ens. resultate wat konkrete bewys is, kan ek net se dit is n gawe en talent wat God jou gegee het dus, net een ietsie wat ek vir jou wil se, Hy sal niks op jou pad bring wat Hy weet jy nie sal kan hanteer, so wanneer een deur agter jou toe maak maak n volgende deur weer vir jou oop (ek kan van dit getuig). Vertroue en geloof in jou skepper moet net reg wees en bly groei, Sterkte vir jou toekoms en loopbaan wat el nie kan dink nou moet stop nie

  • Rita

    Ek het Rudi se cd’s gekoop toe hy solo kunstenaar was. "Awesome" sanger en "awesome" skrywer. Saam was jul "great" verby. So jammer jul gaan nie meer saam sing nie. Sterkte Rudi & Corlea.~~

  • Rita

    Ek het Rudi se cd’s gekoop toe hy solo kunstenaar was. "Awesome" sanger en "awesome" skrywer. Saam was jul "great" verby. So jammer jul gaan nie meer saam sing nie. Sterkte Rudi & Corlea.~~

  • Una Conradie

    Persoonlik dink ek dat Corlea ‘n baie beter stem het as Rudi. Op haar eie sal sy dit baie verder bring. Sterkte.

  • Adri

    Sterkte Corlea. Jy sal nog baie bereik op jou eie. Fokus op die positiewe dinge en vertrou op die Here om jou deur hierdie moeilike tyd te help. Sterkte aan Rudi ook, hy het dalk maar "issues" wat hy op sy eie moet uitwerk. Net jy jan jouself gelukkig maak.

  • Anina

    Corlea, ek sal cd’s koop jy het ‘n wonderlike stem sterkte!

  • Estellie Retief

    Ek het altyd gedink jy is die een met die mees stunning stem, so jy het die wereld oop voor jy, go for it girl, en daarby is jy nog beautiful verby!!!! Daar is feen twyfel dat jy S A se top sangeres gaan word nie, jy is al feitlik klaar daar.
    Estellie Rerief

  • http://www.bjokosecurity.co.za Leslie Harford

    Hoekom herken Rudi nie dat sy Man soos hy dit se agter al die probleme skuil nie,as Rudi nie sy oe gaan oopmaak nie gaan Stevan sy loopbaan kos hy was immers al getroud nou wonder ek net het hy vir liefde of geld Rudi getrou.Corlea hoef nie terug te staan nie sys in eie reg n sangeres wat nog diep spore in baie se haet trap.

  • Kobus van den Berg

    Regverdigheid seëvier altyd, sterk staan meisie, jy sal dit op jou eie kan maak

  • Pierre

    Liefste Corlea, GLo in jouself moet nie laar enige iemand oor jou loop nie, jy het n gawe van GOD en moet dit nie opmors nie. jy is n wonderlike persoon maak nie saak wat wie se nie sal altyd jou ondersteun en jou cd koop,

    Liefde
    Pierre

  • ELS smit

    DINK MOOI SOMS IS DIT MOEILIK OM OP JY EIE DIE ROEM TE KRY JUL HET VERKOOP AS `N SANG PAAR EN HET `N PLEK IN DIE S.A. MARK GEVUL WAAR DAAR LEEMTE WAS …..NIETEMIN VOORSPOED JY HET TALENT EN AS JY REGTIG WIL DAN KAN JY ,JY WEET MOS DIS HARDE WERK EN JY KAN !!!!!!!!!

  • Marina

    Cornelia jy het ‘n wonderlik talent van GOD ontvang vir jou om deur jou prag stem mense te kan bereik, en daar is so baie mense wat so voel.
    Ja, dit is so "sad" oor jou en Rudi hy is net so geseen met ‘n wonderlike stem.
    Jy weet niks in hierdie lewe gebeur sonder ‘n doel nie. Dit is net hou aan moet nie moed opgee nie, en se net elke dag vir onse ABBA VADER, Dankie vir die talent
    Sterkte en sommer ‘n groot "Hug"

  • http://meermin.wordpress.com/ Erika

    Corlea jy is pragtig. Jy sing mooier as ‘n engel. Ek luister julle cd’s oor en oor, om nie eers te praat van die DVD nie!!

  • Thea Grobler van der Nest

    Julle twee moet asb nie al jul harde werk, godgegewe talente en sukses nou afbreek deur mekaar in ‘n slegte lig te stel nie – behou wat julle gekry en bereik het en beweeg aan, indien jul dit so verkies en besluit het – julle optrede raak almal wat julle ondersteun en bewonder, moenie ‘n bitter smaak in die mond nalaat nie, jul weet nie wat die toekoms inhou nie!

  • Vanessa Smit

    Hi Corlea, Jy sal ‘n ster op jou eie wees. Jy het ‘n pragtige stem. Ons sien uit vir jou Solo album. Sterkte, jong!

  • Alice Holmes

    Corlea, ek is trots op jou, en bly jy het nou agtergekom dat jy uitgesluit word. Het my liederlik vererg toe ek in koerant lees hy se hy het jou gemaak alles wat jy doen en se op die verhoog het hy vir jou geskryf, my genugtig jy het mos jou eie identiteit!!! STERKTE!!! Ek weet jy sal ‘n sukses maak op jou eie!

  • Mariaan Smit

    Jy is ongelooflik! Saam met Rudi of sonder hom,, jy sal steeds suksesvol bly.

  • Rentia Botha

    Ek ken jou persoonlik en dit wat ek van jou weet is net mooi. So ek glo in jou onskuld, want ek weet jy is nie net mooi van buite nie, maar van binne ook. Al het Rudi vir jou baie deure oopgemaak, glo ek persoonlik dat jy beter daarvan af is as jy op jou eie ook ‘n solo album kan uitbring. Ek is regtig bly om te sien en te hoor hoe goed jy hierdie situasie hanteer. Ek is bly om jou te kan ken en ek is trots op jou net soos duisende ander. Sterkte hou jou kop omhoog en bly die mooi mens wat jy is.

  • Landi

    Dolla, julle was ‘n GREAT sangpaar, maar ek dink jy sal net so goed op jou eie ook doen. Ons het julle eenkeer gaan kyk, en glo my almal wat daar was, veral my ouers het aan julle lippe gehang. Maar baie sterkte, soos ek se… dit is regtig jammer maar, mag ons Hemelse Vader jou en Rudi verder seen, en mag julle nooit ophou sing nie.

  • Desire Kruger

    Ai,Corlea so leer mens maar op die harde manier, moenie met vriende besigheid doen nie! Alles gebeur gelukkig met ‘n doel. Julle was stunning saam en ek glo en vertrou julle albei sal alleen ook ‘n sukses maak van jul sangloopbaan. Bly positief girl. Die Here sal voorsien. Hou jou kop hoog en laat jou ster skitter. Sterkte!!!!!

  • Isandra

    Dit is so ‘n moeilike situasie. Probeer om tog julle vriendskap weer terug te kry, al kan julle nie weer saam werk nie. Julle altwee is pragtige mense met ‘n 100% op sukses vir julle loopbane. Maar vir julle self probeer om dit reg te maak, van beide se kant af. Vriendskap wat so sterk soos julle sin was, gooi mens nie net weg nie. Die laaste stukkie van die artikel is so hartseer, waar hy haar hand druk en wegstap. Ek was in so situasie, kan my niks sê nie. Dit vreet aan ‘n mens. Sterkte vir julle. altwee.

  • gertruida

    Corlea, in alle eerlikheid, sal ek nie graag my sangloopbaan wil koppel aan ‘n persoon wat die leefwyse het soos Rudi nie. Die aanhangerspubliek daar buite is nogal baie konserwatief en verkies om persone met goeie waardes te ondersteun. En natuurlik ook goeie sangtalent! en mooi op die oog!

  • Margaret Smith

    Ek hoop jy en Rudi kan julle probleme uitsorteer, julle is ‘n wenpaar. Dit help nie om vuil wasgoed in die openbaar uit te hang nie, dit vervreemd julle net verder van mekaar. Niks is te groot of te klein om uit te sorteer nie. Glo in God en Hy sal by julle staan, onthou Hy bring nie iets op iemand se pad as Hy nie weet dat daar ‘n oplossing is nie. Ek en my familie – as luisteraars wil "Lieflinge" saam sien optree en nie afsonderlik nie. Miskien moet julle "Familie" uitskakel in julle belange. Dit werk nooit nie. Sterkte vir julle.

  • Christa

    Ag dis nou vreeslik dat julle tweetjies uitmekaar is. Julle het absoluut engelstemme. Ek het ten minste al twee julle vorige cd’s so ek sal maar daarna luister. Baie baie sterkte vir die pad vorentoe en mag jou mooiste drome waar word. Jy is regtig n pragtige vrou lig jou kop omhoog en gaan aan jy kan……..

  • Nella

    Jy sing soos n engel,hou so aan!Ons kan nie wag vir n voorblad met jou op nie.Sterkte vir die toekoms ons glo en vertrou als sal goed uitdraai vir jou.Nambia groete

  • Lena

    Asseblief probeer jul verskille uitsorteer,kry onafhanklike mense om jul geld te bestuur en sing weer saam.julle pas so mooi bymekaar met
    jul stemme.Sterkte

  • Lena

    Asseblief probeer jul verskille uitsorteer,kry onafhanklike mense om jul geld te bestuur en sing weer saam.julle pas so mooi bymekaar met
    jul stemme.Sterkte

  • Lettie

    Ek stem saam met die meeste kommentare. Corlea het ‘n absolute fantastiese stem. Sy kan enige dag solo gaan en nog net so ‘n groot sukses wees indien nie groter nie. Hou jou kop hoog meisie, en gaan aan met jou lewe. Daar is ander sangers se stemme wat net so mooi by jou sal pas as jy ‘n sangmaat soek. Lief jou baie!!

  • Zonja

    Corlea ek het een van jou eerste solo cd’s by ‘n skou in Ermelo gekoop en luister gereeld daarna. Jy het ‘n pragtige stem, vergewe en gaan aan met jou lewe, jy is pragtig.

  • Maria Beck

    Corlea, jy is ‘n stunning girl met ‘n stunning stem en persoonlikheid, moet niks daaraan verander nie jy sing soos ‘n engel en sal dit ver bring in die toekoms as solo sanger! Baie sterkte, sien uit na jou solo album.

  • Wendy

    Dit is soooooo jammer dat dinge sleg geraak het. Julle het soos engele gesing. Maar ongelukkig is dit so dat mense in jou lewe kom vir ‘n rede – soms vir ‘n leeftyd, soms net vir ‘n seisoen. Julle seisoen is verby. Dit is jammer – maar dit is tyd om aan te beweeg. My gebed is dat jy sal groei en ons nog baie jare met jou engelstem sal vermaak.

  • Jean Edwards

    Corlea, ek hoop eerlikwaar jy lees die komentaar en besef hoe mal die publiek oor jou is! Jy is geseend met die stem van ‘n engel, moet nooit ophou sing nie asseblief, my hart sal dit nie kan hanteer nie! Ek bieg dat ek altyd na julle liedjies geluister het vir jou prag stem! Ek is eerlikwaar bly dat julle nie meer saam sing nie, jammer, maar ek het altyd gevoel jy word terug gehou, ek het niks teen Rudi nie en glo opreg dat hy ‘n goeie vriend eens op ‘n tyd was vir jou. Ek is so trots op jou dat jy nie ook modder gegooi het in die publiek nie, dat jy op ‘n stylvolle manier (Sarie) jou kant van die saak stel. Hou jou kop omhoog en weet dat jy soveel ondersteuning het van die publiek! Ek is stap vir stap agter jou en kan nie wag vir die eerste CD nie! Nou moet jy jou net roer! ;-)

  • Marlene

    Julle is pragtige mense maar moet nie nou vuil wasgoed wil uithaal nie. Julle is nog jonk in die bedryf en al het julle nou jul eie pad geloop sal jul altwee nogsteeds ver kom. Moet NOOIT n vinger na iemand wys want drie wys terug na jou. Sterkte en ek hou nogsteeds van julle.

  • Ramona P. Jacobsz

    Corlea, ek sien lelike skinderstories vanuit die Rudi-kamp… Maar ek weet dat jy onskuldig is en dit is ‘n vendetta wat hulle voer. Sies vir julle. Kon julle nie aan iets beters dink om Corlea terug te kry nie? Julle is regtig baie lelik en mense gaan deur julle "evil" aksie sien. Hoekom is Corlea nou die vark in die verhaal. Het julle nie geraamtes in julle kaste nie?

  • Jan Bezuidenhout

    Corlea
    Ek dink jy is een in n duisend wat so sterk en pragtige stem het, dis n jammerte dat julle as n sangpaartjie moes die dinge deur gaan, wees sterk en hou jou kop om hoog jy het niks om te verloor nie, die ondersteuners staan agter jou moenie tou op gee nie.
    Ja daar was issues tussen julle twee maar weet jy jy is n sterk mens soos jy se en wys die publiek dat niks in jou pad sal kom en sal stuit om jou loopbaan verder te wil bring.
    Alle sterkte van uit die Midde Ooste

  • http://www.optimalseating.co.za COBUS

    Corlea, moet jou nie steur aan al die nonsens nie. Konsentreer op wat jy goed doen en dit is om soon n engel te sing. Moenie ingesleep word by ander mense se onsekerheid en jaloesie nie. Jy het die hele situasie uiters profesioneel hanteer en hou so aan. Huilende mense wat telefone gooi en vir almal vertel hoe hulle huil, is SO vervelig ! YOU GO GIRL ! Hierdie is die begin van die res van jou lewe. Moet nooit ophou wat jy doen nie, want dit sal n baie groot sonde wees. Jy is wereldklas !

  • Susan van Heerden

    Sterkte vir jou Corlea. Ek verstaan dat jy nie langer met al die nonsens en grille van die ander 2(Rudie en sy lover)kan saamleef nie. Jy het dit ook nie nodig nie!!!!!!!!!! Go Girl Go!!!!!!!!!

  • Ina Baillie

    Ek is so jammer oor alles, en hoop en vertrou dat dinge sal regkom en jul kan aangaan saam met jul optredes julle 2 is great saam, ek verstaan as mens ongelukkug is maar julle 2 is great saam sterkte vir julle en laat die regte besluit geneem word, ons staan agter jul maak nie saak wat gebeur nie.

  • Ria Botha

    Dit is baie jammer dat twee sulke stemme nie meer saam gaan harmonieer nie. Hulle was baie beslis die enigste sangpaar in Suid Afrika wat my tot trane kon dwing met hulle sang. Alle goeie dinge kom egter tot ‘n einde. Corlea moet nou net besef dat een wat toegaan laat gewoonlik ‘n ander oopgaan.

  • Carin

    Jammer dat julle paaie moes skei. Julle saam is wenners en ek dink nie ek persoonlik sal sommer ‘n CD aanskaf van een van julle twee as solo sangers nie. Rudi ek dink jy is die beste liedjieskrywer en sonder jou sal daar nie Lieflinge kon wees nie, so ek gee jou alle krediet. Corlea jy moet maar doen wat goed is vir jou en ek hoop jy het die regte besluit geneem. Ja jy het ‘n mooi stem maar sonder Rudi … ek weet nie? Sterkte vir julle alby en ons neem swaar afskeid van julle.

  • Sonja

    Corlea,
    Jy’s oor die ergste nou moet jy net voorentoe. Jy’s puik moenie dat sulke bog jou onderkry nie. Die hele SA is agter jou, so ‘n stem mag nie stil word nie. Jy het ‘n gawe van Bo gekry. Geniet 2011!!!
    Sonja

  • Stellie

    Jy gaan nog ver kom. Ek glo ook dat baie geleenthede weggehou is van jou. Dis so jammer.

    Maar as een deur toegaan gaan ander oop!

    Sterkte!

  • Jennifer Badenhorst

    Corlea, ek is so jammer vir jul albei. Onthou dat elke mens seisoene beleef op jou lewenspad. Jou en Rudi se seisoen is nou ten einde. Julle moet mekaar vergewe ter wille van jul vriendskap en aanbeweeg. Bid vir mekaar, loof God vir die talent wat julle ontvang het en moenie negatief spreek teenoor mekaar nie.

    Ek wens julle albei sterkte toe. Ek bid vir Rudi en vertrou dat God hom ook sal help in sy tyd van beproewing. Gryp na Jesus Rudi, Hy is jou bron van hulp, glo net….

  • Ramona P. Jacobsz

    Corlea jy is pragtig en jy het ‘n GOUE STEM. Moenie dat leuens en skinderstories oor jou jou laat onderkry nie. Staan vas…ons ken jou as ‘n kind van die Here en jou nederigheid sal jou nog ver bring. Laat mense maar klippe gooi. Ek voorsien net mooi dae vorentoe vir jou. Seënwense vir jou.

  • OUMA RIA

    MOET NIE JOU TALENT GAAN BEGRAWE NIE – GAAN VOLUIT SOLO – JALOESIE IS ‘N LELIKE DING En VOORDAT DIe VLIEG IN DIE SALF NIE UITGEHAAL WORD NIE, IS DAAR NIE MEER PLEK VIR JOU BY RUDI NIE. STEPHEN ?? EK STEM VIR JOU EN JANNIE MOOLMAN.

  • http://www.potchefstroom.co.za/leopardlily Shoana van den bergh

    Corlea-jy het `n uitsonderlike mooi en sterk stem en kan selfs heeltemal in `n nuwe "styl" oorgaan, terwyl jy nou SKOON begin. Ek het jou al hoor sing op jou eie, in `n totale kontrastende musiekstyl en dit het my hoendervleis gegee!
    VERANDERING is goed-selfs nou-terwyl jul op die hoogtepunt saam was- maar die toekoms lë oop en wyd voor jou!!!!
    Shoana-POTCH

  • ANNA ROUX

    EK SAL BAIE BLY WEES AS JULLE KAN HERENIG. JULLE IS ‘N ONGELOOFLIKE PAAR. MAAK REG EN GAAN AAN. EK MIS JULLE 2. ‘N MENS MOET VERGEWE.

  • dyuarep

    JEp6Fg dwvwbtbevofw, [url=http://ailoaigmqxba.com/]ailoaigmqxba[/url], [link=http://rjgfdxgnbkli.com/]rjgfdxgnbkli[/link], http://viogunnpjqja.com/

  • Engela

    Ek wil net se julle was twee engele saam, dit sal goed wees as julle kan vrede maak en weer saam sing, julle hoort saam op die verhoog.