sr1103sarah01
Ons praat met

Sarah Theron oor haar liefdeskind: “Sy is is deel van my toekoms”

Ek hoop . . .

om eendag soos die karakter wat Julia Roberts in die rolprent Eat Pray Love vertolk, die wêreld in te vaar om myself iewers te vind. (Ons neem aan die vrou kon steeds haar paaiemente tuis betaal terwyl sy toer!) Ek begeer ook ’n treinreis soos op die ou dae se Orient Express. My wenslysie raak elke dag langer. As lysie-persoon is ek erg gepla oor “uitstaande” items.

. . . om myself vanjaar baie meer op die vrou en haar lewe toe te spits. Ek is gebore om ander vroue en myself aan hul eie krag te herinner. Wanneer ek sing, deel ek graag my positiewe energie.

. . .om mense se hart aan te raak met my musiek, om namens hulle dit te waag om hul emosies te uiter.

. . . daai ou wat in November 2008 die resessie aangekondig het, het ten minste sooibrand gekry elke keer as hy die nuus kyk . . . Ek weet dis nie sy skuld nie, maar ons verwens hom seker almal so ’n bietjie.

. . . dat my dogters, Maryke (21) en Shirah (13), eendag totale onafhanklikheid, geluk en beroepsbevrediging sal hê.

 

Ek is bang . . .

vir bote, vliegtuie en om ’n motor te bestuurtussen die O.R. Tambo lughawe en Eastgate inJohannesburg. Ek is goed met siekte, dood,sukkel en die stormwinde van die lewe, maardaardie drie goed laat my handpalms sweet.

 . . . vir die dag as Madiba sterwe . . . my keel trektoe. Ons verkies seker om nie daaraan te dinknie, maar dit sou naïef wees om te dink dat ditnie alles en almal baie negatief gaan beïnvloednie. Ek is baie trots dat ek SA met my liedjie “LieweMandela/Dearest Madiba” verteenwoordig op die EurovisionWorld Peace Festival. Die beoordeling is in Italië. [Met ons terperse gaan, was die wenner nog nie bekend nie.]

. . . vir “death metal”-musiek. Dit maak my so onrustig soos wanneer iemand vir my lieg. My maag draai.

. . . vir min dinge (behalwe die vliegtuie en bote). Mense maak my ook nie eintlik bang nie. Die dinge wat hulle doen, is wel soms scary verby.

 

Wat ek nou weet

Om enige deel van die vermaaklikheidsbedryf suksesvol te bestuur of uit te voer verg geestelike dissipline.

Ek steur myself steeds te veel aan ander se opinies.

Geen mens is verhewe bo enigiets nie. Alles kan met enigiemand gebeur.

Van die dag dat jou kinders gebore word, doen ’n mens jou bes vir hulle. Ek is tevrede dat ek dit gedoen het en steeds doen. Elke ma wat haar kind aan aanneemouers gegee het, sal weet waarvan ek praat. Ek en Maryke leer mekaar nog ken. Dis natuurlik ook nie net ek en sy wat deur dié proses moet gaan nie, maar ons families ook. Dié dinge neem tyd. Sy is deel van my toekoms.

Dis my plig teenoor myself om my intuïsie te alle tye te volg.

Vriendskap is die waardevolste geskenk. Ek weet na dese wie my vriende is – skitterende sterre wat my pad verlig. Vriende laat jou toe om jouself te wees en sê jou reguit as jy van die pad af is.

Ek’s ’n size 40 wat dink sy is ’n Barbie. Ek dink jy is so sexy soos jy voel. En ek voel sexy.

Ek is een bondel oorlewing. Ek vat enkelma-wees dag vir dag, uur vir uur. Ek sing om te oorleef, maar ook vir my siel. My werk maak my gelukkig, terwyl ek Shirah aan geleenthede probeer blootstel.

Elke keer as ek iemand in my vertroue neem, loop ek op die hoogspanningstou. Jy moet jou lyf gimnas hou en glo die vangnet is daar.

Ek neem meer gereeld groot risiko’s as wat ’n mens sou dink, maar terselfdertyd minder as wat ek hoop.

Ek is trots op my keuses en hoe ek uit my foute geleer het. Ek sal alles weer presies net so doen.

Die beste raad is om eerder stil te bly as ek nie seker is of ek iets moet sê nie.

My twee dogters is loshande die beste ding wat nog met my gebeur het. Ek is trots op hulle en kan nie wag om te sien hoe hulle die wêreld oorwin nie.

Om ’n musikant te wees is ’n kompulsie. Om te oorleef moet jy woeker. Om moed te verloor is ’n luukse wat ek nie kan bekostig nie.

My beste eienskap is lojaliteit. My slegste is hoe ek ’n gebrek daaraan hanteer.

Die grootste wanopvatting wat mense van my het, is dat ek nie hulle hulp nodig het nie. Mense luister met hul oë, en ek lyk altyd oukei.

 

 

 

 

 

 

  • poplap

    Dis nou n lekker onderhoud gewees om te lees. Hier en daar het ek myself herken en gesmile. So heeltemal anders as die dikwels sakkarien belaaide valshede wat mens in Afrikaanse onderhoude kry. Gosh, ek het nou lekker gelees! Goed gaan Sarah! X

  • wille willemien

    is dit die joernalis wat praat van n liefdeskind? Suster, dis so n outydse woord soos die woord houvrou. Niemand gebruik dit meer nie, en dis nie meer van toepassing nie. My kind is aangeneem. Bedoelende ek is die aanneem moeder. Hy is ook my liefdeskind, as jy dit so wil noem. Almal se kinders is liefdeskinders. Dis hoekom dit n woord is wat in onbruik verval het. Want die enigste konnetasie nog daaraan is die woord skandekind, wat ook n outydse, uitgediende woord is. En dis nie wat jy wil se nie, maar wat jy wil imply. So, leer bietjie iets vandag van n ouvrou. Drop die woordjie liefdeskind. Dis simpel.

  • Ria

    Jy vrees die dag as Madiba sterwe … hoekom ????

  • http://www.beeld.com Izak Myburgh

    Ria het gesê:
    Jy vrees die dag as Madiba sterwe … hoekom ????
    Gister, 15:23

    Daar sal nie minder of meer van iets wees nie. Manse sal soos met wereld beker weer vir paar dae versoen voel.

  • Leon

    Ja ek stem saam en vra saam met Ria en Izak. Waarvoor bang vir die dood van ‘n kommunis? Ek hoop net sy saak is reg met God anders gaan ek saam met Lasarus afkyk in die hel en sien wie is almal daar onder.

  • RINA FULLARD

    Hoekom vrees as Madiba sterwe ?? waar is ons geloof ? hoekom vrees as GOD IN BEHEER IS ?? wat het geword van ons Suid Afrikaner volk se geloof ?
    Vertrou net op GOD HY IS ONS KONING EN HY REGEER !!! EN ONS KONING IS OP DIE TROON !!!!!!!

  • http://Beeld.com Magiel

    Dis nie ‘n liefdeskind nie, dis ‘n speelkind. Noudat ander haar grootgemaak het is dit lekker om in te stap en te vertel hoe belangrik sy ewe skielik vir jou is of hoe?

  • http://zoejtnecpqow.com/ gynlgdat

    E471wq altxofpoxarp, [url=http://fjbalhsxkwib.com/]fjbalhsxkwib[/url], [link=http://uduzqmyucwpw.com/]uduzqmyucwpw[/link], http://ylrmhjnibofh.com/

  • dasgaklp

    6c7Oyh komrvbvzgioz, [url=http://jwqyjuohtjde.com/]jwqyjuohtjde[/url], [link=http://rfblttdvknho.com/]rfblttdvknho[/link], http://nwlxxnmrwcdk.com/

  • chrissie theron

    ek is crissi -ek daag jou uit om my te leer ken as vriendin.My van is Theron en ek begin tans n privaat verpleegpraktyk "CRISSI"s Care .Ek is op facebook So pas na jou op Kwela gekyk en ook by Groot konsert na jou geluister Ek dink jy is great!

  • Vee Remmar

    " Nota…aan my hart se punt" deur Vee Remmar, het ek my boek genoem, want dit is wat sy was en nog steeds is. Niemand kan dit van my af wegneem nie. Niemand kan my herinneringe wegvat of swartsmeer nie, al het baie probeer. Die dag toe ek my twee en ‘n half maande oue dogtertjie aan haar aanneemouers oorhandig het, het ek geweet dit was die beste besluit wat ek op daardie oomblik vir haar kon maak. Vir my was dit hel, maar wie se dit het oor my gegaan? Sy is so gelukkig saam met haar familie, dit is al wat saakmaak. Tog weet sy sy is aangeneem, en wat ookal in die toekoms haar besluit teenoor my gaan wees, dit bly haar besluit. Ek sal tevrede wees met enigiets, solank sy net gelukkig en gesond is. Haar aanneemouers is haar ouers, hulle is haar familie. Ek sal wag ….want ek is lief vir haar…