Ons praat met

SARIE by Tutu se 78ste verjaardag

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het gister sy 78ste verjaardag saam met skoolkinders gevier by die Sentrum vir die Boek in Kaapstad. Dit was die bekendstelling van sy kinderboek God’s Dream (Jacana-uitgewers) wat onlangs in al 11 amptelike tale van Suid-Afrika vertaal is. Hy’t dit saam met Douglas Carlton Abrams geskryf en dit is deur LeUyen Pham geïllustreer.

Die boek leer kinders oor mededeelsaamheid, om vir ander om te gee en dat ons almal God se kinders is.

“Liewe kind van God, waaroor droom jy in jou mooiste drome . . .” het Tutu aan die kinders die eerste paar blaaie in Afrikaans, Engels en Xhosa voorgelees, terwyl hulle in ‘n kring om hom gesit en luister het. Daar was ook ‘n groot verjaardagkoek waarvan Tutu met moeite al die kersies uitgeblaas het. Daar’s uit volle bors gesing, presente uitgedeel en hande geklap.

Ter afsluiting het hy genoem dat beide hy en Eugène Terre’Blanche van Ventersdorp afkomstig is. En dat as Ventersdorp E.T. en D.T. kon oorleef, ons enigiets sou kon oorleef . . .

  • Hannie Botha

    Baie geluk. Mag die jaar wat voorlê wonderlike seëninge en gesondheid, liefde en vrede inhou!

  • TH2TN1 alhzksfiabjw, [url=http://bljqvbtfxqwj.com/]bljqvbtfxqwj[/url], [link=http://ejbsisvxrfvd.com/]ejbsisvxrfvd[/link], http://guhvzcbrnwbi.com/