Ons praat met

SARIE by Volksbladfees 2010 – Danie Niehaus, Mathys Roets kuier saam – foto’s

Dis vanjaar warm in Bloem by die Volksbladfees, en die mense se harte klop net so warm vir SARIE. Die inteken-aanbiedings vlieg van die rakke af en by die SARIE-koffiewinkel gaan dit dol!

In Danie Niehaus se vertoning Memoires in rooi het hy verklap dat hy graag SARIE lees…

Mathys Roets se Droomvrouens-vertonings waarvan SARIE deel het in die CD, is uitverkoop en was baie suksesvol! Hy stel sy biografie, Steeds net Mathys (Naledi-uitgewers), vanaand 8 Julie om 17h30 bekend en SARIE sal daar wees. Kry ‘n gratis SARIE-geskenpak as jy vanaand daar is!

Mathys deel met hierdie outobiografiese vertelling in sy boek en op die fees persoonlike ingrypinge in sy lewe wat hy moes oorkom: die beïndiging van sy huwelik en die donker dag toe sy motorfiets van die pad af gery het. Mathys het egter nie gaan lê nie en geestelik opgestaan. Nou, ‘n bietjie meer as ’n jaar later, kan hy sê: “Ek is steeds net Mathys!”

Ons hoop ons sien jou daar!