anele_mdoda_rob_van_vuurenrz
Ons praat met

SA’s Got Talent se Rob van Vuuren

Die komediant Rob van Vuuren is ‘n aanbieder van SA’s Got Talent op SABC2. Hy’s skreeusnaaks en daar’s ‘n lekker vibe tussen hom en mede-aanbieder Anele Mdoda. Marguerite van Wyk het met hom gesels oor dans, sy eenmanvertoning en wat hom so snaaks maak.

Jy is skreeusnaaks. Hoe kry jy dit reg?
Ek was altyd die kortste kind in die klas op skool. Dan word jy die grapmaker. En ek kom uit ‘n baie gevoelvolle gesin. Almal is komediante in die closet. Dis lekker om ‘n bietjie vreugde in die wêreld uit te deel. Dis ‘n wen-wen situasie.

Die komedie-karakters Twakke en Corné is baie gewild. Jy is die bekende Twakkie. Was dit lekker om dié rol te speel?
Ja, want Twakkie speel eintlik net homself. Die karakters is bisar én werklik. Ek het ‘n uitslag gekry van die snor en sirkulasie-probleme van die stywe wit broeke wat ons moes dra!

Hoekom geniet jy dit om SA’s Got Talent aan te bied?
Ek is trots om daarvan deel te wees. Daar is ongelooflike stories en die gehalte van talent is topklas. Dit voel asof ek en Anele al ons hele lewe saamwerk. Ons hou baie van mekaar en het ‘n lekker ritme. Dis maklik om saam met so ‘n mens te werk.

Veelsydigheid is een van jou kenmerke, want jy is ook baie gewild op SABC2 as aanbieder van die aksie-komedie show Crazy Games. Het jy dit geniet?
Ek dink elke Suid-Afrikaanse man wil heimlik ‘n sportkommentator wees. Op dié program kry ek die geleentheid om oor die belaglikste, malste speletjies kommentaar te lewer. Dit was ‘n absolute jol.

Waar het jy jou opleiding gekry?
Ek het drama studeer aan Rhodes Universiteit.

Wou jy altyd in die vermaakliheidswêreld wees?
Vandat ek kan onthou, ja.

Wat is die wysste woorde wat jy nog ooit gehoor het?
“It takes ten years to become an overnight success.”

Wie is jou rolmodelle?
Al die mense saam met wie ek optree. Ek het ook grootgeword met name soos The Goons, Monty Python, Chevy Chase, Will Ferrell. Te veel om op te noem . . .

Jy het Strictly Come Dancing op SABC2 saam met Mary Martins gewen. Was dit moeilik?
Die ergste ding wat ek nog ooit gedoen het. Ons het sowat 4 tot 6 uur lank, ses dae per week, vir vier maande aaneen geoefen. Ek en Mary het daarna ‘n vertoning, Strictly Rob & Mary, saamgestel waarmee ons die Hilton Festival in KwaZulu-Natal geopen het en landwyd getoer het – tong-in-die-kies kommentaar oor die agter-die-skerms-belewenisse van dié kompetisie.

Waaraan werk jy op die oomblik?
Ek tree in ‘n eenman- outobiografiese vertoning, Rob van Vuuren is Rob van Vuuren, by die New Space Teater in Langstraat in Kaapstad op. My materiaal is ”die lewe”. Snaakse dinge gebeur altyd met my.

Is jy ooit senuweeagtig voor optredes?
Alle vermaaklikheidskunstenaars is. Dié wat sê hulle is nie, jok. ‘n Mens gebruik dié energie om jou te help om beter op te tree. Jy leer dit hanteer.

KYK die video’s van die ongelooflike Bradley (ons eie Michael Jackson) en Cleo die 8-jarige sang sensasie.

 

  • http://www.mattheynsfinancialservices.bravehost.com Matt Heyns

    Apartheid asb!

  • Yvonne Spillman

    Ek’s ‘n 64 jarige ouma en ek se: Hoera vir Rob! Hou so aan. Ek geniet jou optredes geweldig. SA is ryker met Rob.

  • http://ww.sasgottalent.co.za Mornay Hassen

    Hoekom kan jy nerens Cleo se video sien nie? :-(