mango_scarlett_johansson_web
Ons praat met

Scarlett – die nuwe gesig van MANGO

Sy’s nie verniet ons almal se sexy gunsteling nie . . . die hip Spaanse modehuis MANGO het op Scarlett Johansson besluit as gesig vir hul herfs-winter 2009/’10 versameling, wat ons in SA in Januarie 2010 te sien sal kry.

MANGO glo Scarlett straal met haar oogvang-persoonlikheid die onafhanklike, kosmopolitaanse vibe uit wat hul aanhangers kenmerk.

Ons ken Scarlett van haar pryswenner-vertolkings in Girl with a Pearl Earring, Lost in Translation, Match Point en, mees onlangs, Woody Allen se Vicky Christina Barcelona – waarin sy speel saam met Penélope Cruz, een van MANGO se klere-ontwerpers en haar voorganger as MANGO-gesig.

Hier’s ‘n kykie agter die skerms toe die foto’s vir die nuwe advertensie-veldtog geskiet is…

MANGO-modes is te kry by The Piazza, Melrose Arch, Sandton City, Canal Walk-winkelsentrum en die V&A Waterfront.

Besoek www.mango.com