Ons praat met

Scarlett Johansson en Ryan Reynolds gaan skei

Hulle was vir ‘n jaar saam voor hulle getroud is, berig www.vanityfair.com

“Ná lang en ernstige oorweging deur albei partye, het ons besluit om ons huwelik te beïndig,” het Rylett (hul ‘Hollywood-versamelnaam’) in ‘n verklaring gesê. ”Ons het ons verhouding met liefde begin, en sal dit met liefde eindig. Ons verwag nie dat ons privaatheid gerespekteer sal word nie, maar ons sal dit waardeer.” 

Johansson is glo al ‘n rukkie ongelukkig in haar huwelik omdat die paartjie as gevolg van hul werksomstandighede baie tyd weg van mekaar is.

Rylett is nie die enigste paartjie wat onlangs uitmekaar is nie. Zac Efron en Vanessa Hudgens is ná ‘n 4 jaar lange verhouding uitmekaar.