photo
Ons praat met

Sean Else se vrou sing op CD, speel in Getroud met rugby

“Ons is ontsettend besig sedert ons 2½ maande gelede van Johannesburg af Houtbaai toe getrek het. Ek sal eendag ‘n solo-loopbaan oorweeg. Wanneer Sean reken die tyd is reg en wanneer ons meer tyd het. Ek vertrou my man honderd persent.”

Joe F het haar gevra om te sing nadat hy haar hoor karaoke het by die dertigste verjaarsdagparty van Mia, sanger Jay du Plessis se vrou. Dit was ’n jaar of wat gelede by ‘n kuierplek in Centurion.
“Ek sing al van kleins af in skoolkonserte, maar het nog nooit baie selfvertroue vir ‘n sangloopbaan gehad nie. Gelukkig ondersteun Sean my in alles.”

“Toe ons die opnames gemaak het, het Joe F my baie geleer en my stem ‘n bietjie uit sy gemaksone gedruk. Ek het hoër gesing as gewoonlik. Ek was verbaas oor die vermoë van my stemregister…”

Carla hou van Joe F se rasperstem. “Dis sexy en hy is so nice. Ek het dit waardeer dat hy moeite gedoen het om my selfvertroue te push. Dit was ‘n great ervaring. As ek by die ateljee kon oorslaap, sou ek. Ek wou net daar blý. Die liedjie gaan oor ‘n man en vrou wat uitmekaar is, na mekaar verlang, en weens omstandighede net nie bymekaar uitkom nie.”

Joe F en CarlaJoe F en Carla in die ateljee

Die musiekvideo van die liedjie wat sowat drie minute lank is, is gedeeltelik by die Jan van Riebeeck-laerskool in Kaapstad geskiet. “Dit is speels en het ‘n kinderlike tema. Ek dra ‘n romantiese blou rokkie met hakskoene, my hare is sag gekrul – dit het so ’n 1950’s-gevoel – en Joe F dra ‘n silwer ruimtepak. Daar is ook ’n ruimteskip met toutjies – dis als baie cutesie.”

Carla begin ook volgende week aan die M-Net-reeks “Getroud met rugby” skiet en vertolk die splinternuwe karakter Jet.

“Vandaar die pikswart hare. Ek moes my blonde hare kleur. Ek mag nie veel oor die reeks sê nie, maar die mense sal van Jet hou. Sy is ‘n cheerleader. Dis ál wat ek kan sê.”

“Die woorde leer is maar ‘n proses. Tussen my man en André Odendaal help hulle my. André is ‘n meester. Hy het in die fliek Platteland al die sangers soos Lianie May, Bok van Blerk en Karlien van Jaarsveld afgerig. Ek voel gemaklik by hom en by Sean. Hulle is wys en eerlik. Ek waardeer dit. Hulle gee jou nooit vals hoop nie.”

Sean se beste raad? “Goeie toneelspel beteken om altyd eerlik te wees.”

“Ek was eintlik verbaas oor hoe groot Jet se rol is. Nou besef ek as ‘n toneelskrywer soos Deon Opperman jou vertrou, dan kan ek myself nie teleurstel nie!”

  • Ellen Minnie

    WEL DIT IS WONDERLIK DAT DAAR NUWE TALENT IS, SEAN JY SAL ‘N VROU DUISEND HE, EM SY KRY’N KANS WAT ANDER NET VAN KAN DROOM. GENIET MEKAAR! WELKOM IN DIE KAAP!

  • lida

    Almal wat ‘n stem het kan ook deesdae sing en die meeste van die dames het sulke skril stemmetjies. Hoop van harte hier gaan dit beter!!

  • Annelene Crafford

    Julle is ‘n pragtige paartjie en baie welkom is die mooie Kaap, julle sal nooit weer hier weg gaan nie!

  • Weymouth Esterhuizen

    Dis great dat mense mekaar so ondersteun! Hou so vol! Great Stuff! Kan nie wag vir die CD nie! Mooi so! Baie seenings daar!!!!

  • OduMont

    Sy is absoluut pragtig, sing kan sy beslis. Met al die groot name agter haar sal sy beslis n sukses maak van die nuwe uitdaging.

  • Cindy Botha

    Carla is n pragtige mensie. Ek ken haar nie persoonlik nie maar sy was saam my seun in dieselfde laerskool.. Trots op haar dat sy so ver gekom het… Hou Port Elizabeth se naam hoog…

    Onthou net : " The Sky is the limit!! Sterkte met alles wat jy aanpak ek weet jy sal n groot sukses maak