Ons praat met

Shaleen Surtie-Richards se foto’s

Die geliefde en bekroonde aktrise Shaleen Surtie-Richards, wat diep in ons harte gekruip het as Egoli se Nenna, deel haar spesiale foto-oomblikke met ons.

Aaawww! Die Tweety Birds. Ek en Hannah Botha (Elsa), Marga van Rooy (Tossie) en Christine Basson (Nora) in ‘n fabulous storielyn wat ons vir Egoli geskiet het.

Shaleen as Shirley Valentine
Die promosiefoto van Shirley Valentine.
My gunsteling glansfoto

Een van my gunsteling-glansfoto’s – dis ná ek omtrent
20 kg verloor het. Die 20 kg het intussen saam met
familie en vriende teruggekom, en board en lodge nou
sommer verniet en vir ewig!

Ek en my ma
Ek by my gunsteling-mens op aarde – my ma. Sy’s die
enigste persoon wat ek ken wat my kan stilmaak.
Ek by die Egoli 2000-bal
Ek by die 2000 Egoli-bal – weer 20 kg ligter.
Die rok is deur Norman Callaghan ontwerp.
Hy’s my gunsteling-ontwerper en het my
soos ‘n queen laat voel.
Ek en Kevin Smith, my sielsmaat
Ek en my TV-seun, Kevin Smith. Hy’s my beste vriend
in die regte lewe, my soulmate, nu-nu – my álles.
Ek en my ma-hulle
Ek en my ma-hulle – die kosbaarste mense
in die hele wêreld. Sonder hulle is ek niks!
By die Walk of Fame in Benoni - my ster
Hier kry ek ‘n ster op ons eie Walk of Fame.
(Dis nou nie in Los Angeles nie, maar in Benoni.)
Dis een van die 41 toekennings waarmee ek geseën is.
Nudge-nudge, wink-wink, brag-brag, boast-boast

Blowing my own horn
. Whoop Whoop!
Nenna
Nenna. My gunsteling-publisiteitsfoto van Egoli
my huis vir 18 jaar …

Ek as Shirley Valentine (deur Willie Russel), in
Afrikaans vertaal deur Hennie van Greunen.
Hier’s ek by die ACT-toekennings in 2008.
Tot dusver het hierdie verhoogstuk 1 Fleur du Cap
en 2 Peoples’ Choice-toekennings gewen.

  • Erna Basson

    Dis wonderlik om so ‘n stukkie van haar lewe en ervaringe te kan deel. Shaleen bly ‘n stukkie immergroen koring op die land.

  • Stephanie van den Berg

    Phew! Ek kan nie wag om haar by Aardklop te sien in Shirley Valentine. Gaan man, kinders en huis los om daar te wees. Wag al so lank om soveel talent op die verhoog gade te slaan.

  • Fran

    Sjoe Shaleen, jy is ‘n goeie voorbeeld vir ons. Jy is ‘n pragtige mens. Ek was nog altyd mal oor jou, vandat ek jou in Fiela se kind, die eerste keer gesien het.

    Sterkte met jou toekoms. Liefdetjies

  • Amanda du Toit

    Het die voorreg gehad om Shaleen by ‘n damestee op Heidelberg te ontmoet en lekker te gesels. Wat ‘n pragtige mens met ‘n dierbare gesindheid en wonderlike uitkyk op die lewe. Het gehoop sy gaan weer daai Shirley Valentine ding doen sodat ek ook kan gaan kyk.

  • Imelda

    Sy bly maar `n pragtige mens. Wat binne is sien jy buite. Sy was nog nooit soos iemand op TV of somewhere else nie, maar in jou huis soos `n ma. Se `n ding net soos dit is, geen aanstellirigheid – what you see is what you get.

  • Heidi Van Niekerk

    Ek het die fliek Shirley Valentine al 9 keer gesien en love it – in Julie het Shaleen die verhoogstuk hier in Windhoek opgevoer – wat ‘n fees – wat ‘n wonderlike aktrise – en dit steek nie ‘n aks af van die oorspronklike fliek – as jy nog nie gaan kyk het nie – GAAN ASB. dit is ‘n verrykende ervaring. En Ja vat vir manlief saam – hy sal dit ook geniet.
    Well done Shaleen!

  • LINCOLN DUNSDON

    Lincoln Dunsdon het gesê:

    Fiela se kind het van jou’n besonderse mens by my kom maak en was na aan my hart soos jy,hou so aan. God het net goed met jou bedoel.Love u !!!

  • qqqpdxabb

    HCIvb0 vindgsmazabr, [url=http://gvorcpskepvy.com/]gvorcpskepvy[/url], [link=http://zkumefuspmsz.com/]zkumefuspmsz[/link], http://lodsrwofsdbj.com/