2rz
Ons praat met

Shaleen Surtie-Richards se lewenslesse en gunstelinge

1. Lag baie, veral vir jouself.

2. Wees altyd eerlik. Om te lieg moet jy te veel fokus, want jy moet onthou!

3. Moet nooit Nuwejaarsvoornemens maak nie, want jy breek dit dieselfde aand nog.

4. Hou op spog met hoeveel kilogram jy verloor het, want hulle kom terug met familie en vrinne en kom sit vir ewig. En hulle bly verniet sit vir ewig.

5. God is daar om te vergewe, so wie is ek om nie maklik te vergewe nie?

6. Moet nooit vingers wys na ander nie. Vee liewers voor jou eie deur. Dit help nie jy kritiseer nie. Probeer eerder mense opbou.

7. Moenie ‘n hond skop wat lê nie. Tel hom eerder op en gee hom kos.

8. Dit kos jou niks om uit te reik na dié wat geval het nie.

9. Ek hou nie van onmin en kwaaivriende wees nie. Sê liewers iets in iemand se gesig en sorteer dit uit in die privaatheid. Moenie konsert hou en iemand verkleineer voor ander nie. Dit dui daarop dat jy ‘n swak selfbeeld het.

10. Ek glo daaraan dat kinders af en toe ‘n paar rapse moet kry. Hierdie sielkundige bollie dat mens dinge moet uitpraat met kinders werk nie vir my nie.

GUNSTELINGE

KOS: Kaaps-Maleise kerrie, braaivleis en Chinese kos
 

AKTRISE: ’n Hele paar, maar Anna-Mart van der Merwe

AKTEUR: Dawid Minnaar, Hans Strydom

FLIEK: Fried Green Tomatoes

PLEK: Met my kop op my ma se bors

GOUE OOMBLIK: Toe Mamma vir my sê: ‘Jy kyk so mooi na Mamma dat Mamma nie meer vir Pappa so baie mis nie.’

DIE MENS WAT JY DIE MEESTE BEWONDER: My ma!

LUUKSES: My instap-hangkas, my reuse flat screen-TV en die jacuzzi in my kamer.