sany1334
Ons praat met

Sharlto Copley is die nuwe Charlize Theron – SARIE by The A-Team-première

Marieke Snyman vertel:

Wie is Sharlto Copley? vra die mense. Al wat ek dan antwoord: “Wikus van de Merwe, District 9.” Dan sien ‘n mens hoe die spreekwoordelike gloeilampie aangaan.

Deesdae hang dié gewilde akteur van Kaapstad saam met groot name soos Liam Neeson uit, want hulle is saam te sien in The A-team.

Die première van die fliek was in Kaapstad.

Uiteindelik daag Mnr. Copley toe op. Almal cheer vir hom. Hy is ons held vir die aand, met ‘n mooi meisie aan sy arm en kameras wat flits op die geel tapyt. Dis mos hoe dit moet wees¡

Sharlto het geskerts en gesê die rede hoekom hulle hom destyds as Wikus, en nou as Murdock, gekies het, is omdat hy so lomp is.

The A-team is ‘n lekker skop, skiet en hard-baklei-fliek met ‘n bietjie romanse. Die fliek begin waar Kolonel Hannibal Smith (Neeson) ‘n paar vuishoue kry. Daarna word elkeen van die ander bekende karakters, Lt. ‘Faceman’ Peck (Bradley Cooper), B.A. Baracus (Quinton ‘Rampage’ Jackson) en Kaptein H.M. Murdock (Sharlto Copley), op hul beurt bekendgestel.

Die vier ouens word die skuld gegee vir iets wat hulle nie gedoen het nie en vir die res van die fliek probeer hulle hul onskuld bewys.

Daar is ‘n paar skreeusnaaks oomblikke, veral in van Murdock (Copley) se tonele. Die regisseur is Joe Carnahan.

  • http://scvpwxpsdwhg.com/ nmwvxanzs

    2kpbIh ixukkokvnvxj, [url=http://lvajwsrfgkxe.com/]lvajwsrfgkxe[/url], [link=http://jopaebcdvmbg.com/]jopaebcdvmbg[/link], http://hzeqznsopmgm.com/