southwest_orange_20120313_00449
Ons praat met

Só het Elizma Theron verloof geraak + foto’s

Dit was hoofsaaklik Afrikaanse mense wat na haar optredes gekom het, vertel sy, maar ’n paar Amerikaners het ook kom kyk hoe sy sing. “Die ontvangs was ongelooflik. Ek het die optredes ontsettend geniet en die mense het gesokkie en gelag.

Dit was lekker om te sien die Suid-Afrikaners wat daar woon verlang nog baie terug. Ek is bly ek kon vir hulle ’n stukkie huis vat. Dit was wonderlik om die mense by my shows te ontmoet, hul stories te kon hoor en in my eie taal in ’n vreemde land te kon praat.”

Daar was ’n klomp hoogtepunte, vertel Elizma, veral om Ground Zero in New York te sien en om Disney World te beleef. “Dit maak van volwassenes kinders en ek het my gedra soos die jongste kind daar.

”
Maar die beste deel was toe haar vlieënier-kêrel, Nico Grobbelaar, haar gevra het om te trou. “Ek het dit glad nie verwag nie. Ek het geweet hy is besig met opleiding in Dallas, maar ek sou hom eers later sien. Toe staan hy een aand voor my deur. Die beste verrassing van my lewe!”

Hy het haar toe later gevra om te trou. “Ek het geweet hy gaan my een of ander tyd vra, maar ek het dit glad nie in Amerika verwag nie. Ons is nog nie seker wanneer ons gaan trou nie. Dit sal of die einde van die jaar wees of aan die begin van volgende jaar.”

FOTO: Sy het hierdie foto van haar ring op Facebook met almal gedeel.

Elizma se mooi verloofring

OP REIS SAAM NA AMERIKA DEUR HAAR FOTO-ALBUM!

IN DISNEY WORLD SAAM MET NICO (ook hooffoto bo)

Elizma en Nico in Disney World

Elizma en Nico saam met die karakters uit Monsters Inc.

OP TIME SQUARE IN NEW YORK

Elizma in Time Square in New York

IN CENTRAL PARK IN NEW YORK

In Central Park in New York

OP DAYTONA BEACH IN FLORIDA

Op Daytona Beach in Florida saam met Nico


  • annamarie horowitz

    Baie geluk, jy verdien al die geluk in die wereld! Jou ring is stunning!

  • jeanetta du toit

    Mag julle ware geluk ervaar en van jul lewensreis saam ‘n groot sukses maak.

  • Theresa Curle

    Baie geluk en jou ring lyk stunning

  • emelie

    Oppas vir daardie setting. Mens verloor baie maklik jou diamant.

  • Lettie

    Baie geluk ek hoop julle sal altyd baie gelukkig wees.

  • deirdre

    veels geluk julle maak n pragtige paar, mal oor jou ring hoop julle gaan lank en gelukkig saam wees, jy kan nou gerus bietjie gewig optel

  • c e taljaard

    Baie geluk, julle lyk altwee stunning en jy straal!!!!

  • gerhard

    slaap julle al saam?

  • Noeline Harris

    Jy is pragtig en selfs jou aanstaande man. Dis die beste wat met jou kon gebeur het en jou ring is prentjie pragtig! Julle moet mooi na mekaar kyk en geniet elke oomblik saam. Baie geluk en seeninge vir jul 2.
    B

  • theuns

    jou ring gaan breek en innie toilet val!

  • Jackie Oosthuyzen

    Theuns jou hart le seker in die toilet dus hoekom jy die ring ook daar wil he

  • Sandra L

    Jou ring is soooo baie mooi Elizma – ek is baie bly vir jou – wense en gebede vir baie geluk, liefde en voorspoed – jy verdien dit – jy is baie spesiaal.:)

  • Tisha

    Baie geluk en mag julle ‘n wonderlike toekoms hê

  • Maggie du Rand

    Baie geluk Elizma en Nico julle lyk so pragtig en gelukkig. Mag julle ‘n geseënde toekoms saam ervaar.

  • Tina Naude

    Jou ring is pragtig en Theuns is net jaloers.
    Hy het jou verloor nou is hy spyt, mag julle twee net baie gelukkig in die toekoms wees.
    ons is mal oor jou liefde van Tina Naude

  • Elvira Hattingh

    Geluk Elizma, hoop julle is baie gelukkig, jul verdien dit. Goed dat jy die harte van daai klomp Suid-Afrikaners daar in die koue lande gaan warm maak het. :)

  • Kotie Schwartz

    Baie geluk, jy het n ongelooflike persoonlikheid en verdien net om gelukkig te wees, en ek weet jy sal jou lewensmaat ook gelukkig hou! Ek glo jou ouers en jou gebede is verhoor want daar is maar min kwaliteit manne (Geen "backbone") daar buite gesaai. Die wag was die moeite werd,ne!

  • Jan Ellis

    Julle is lekker opgeskeep met julle self

  • Maggie

    Elizma jy is ‘n pragtige prentjie mens en mag julle so gelukkige wees. God’s rykste seën word julle 2 toegewens en geniet elke oomblik.

  • Elsie Muller

    Jan Ellis: wat weet mans? Elizma, geluk en mag julle twee net voorspoed en geluk ervaar en
    moenie julle aan ander mense steur nie. Dit is jul twee se lewe. Jy is te pragtig en as daar maar
    net meer mense soos jy was. "Eat your heart out, Theunis. Jy het ‘n wonderlike meisie verloor. The ones
    loss is the other’s gain".

  • Marie Hattingh

    Baie geluk ek is baie bly vir julle altwee en maak net die beste daarvan.
    As jou steen verloor soos party noem so what sit net ‘n ander steen in.

  • Karin

    Hallo mense, Wie sê die Theuns wat hier kommentaar lewer is Theuns Jordaan? Seker is daar meer as een Theuns in Suid-Afrika. En naturllik kan Theuns ook ‘n skuilnaam wees!
    Jan Ellis? Wat is jou probleem

  • Kalahari Boer!!

    Kom kuier in die Barrel laat ons sien!! Hou so aan! Jy hou ons dorp Kuruman se naam hoog!!

  • SU-MARI KEMP

    BAIE GELUK ELIZMA EN NICO!!!!!! JULLE IS VIR MEKAAR BEDOEL! PRAGTIGE RING!

  • Didi

    Baie geluk Elizma, bly jy beweeg aan. Van Theuns gepraat, hoekom steek hy sy nuwe, hmm, tertjie so weg. Van wat ons in Son gesien het is sy maar baie jonk en boonop half naak ook. Lyk my hy hou nie van ordentlike meisies soos Elizma nie.

  • Liezl

    Ken vir Nico al vir jare. Goeie mens met n mooi hart. Baie geluk, julle lyk pragtig!

  • Jolene

    Dit is so lekker om sulke mooi mense bymekaar te sien! Baie geluk, wees happy, geniet die lewe saam. Pragtige ring, en pragtige mense!

  • Lynn Nel

    As mens die son laat skyn oor almal, sal jy nooit in die skaduwee staan nie. Elizma, jy is die Kalahari se mooiste sonstraaltjie. Baie geluk!