jack_parow
Ons praat met

Só het Jack Parow die sokker in Nederland beleef

“Die gees in Holland was amazing, ek was in Amsterdam toe hulle vir Uruguay gewen het.

Dit was absoluut mal, die mense het heeltemal uitgehaak. Daar was bands op elke straathoek en die mense het in die straate gedans en geskree en vuvuzelas het heelnag lank geblaas. Daar is sulke street bands wat rondstap en dan begin hulle net op random plekke in die middel van die straat speel en dan as jy weer sien is daar 500 mense om hulle wat skree en drink en dans. Dit was regtig ongelooflik…ek het nog nooit so iets beleef nie.

Die volgende oggend 9 uur – toe ek lughawe toe gaan – is daar nog steeds mense op die strate wat dans en sing. Regtig incredible.”

* Gaan ook na www.jackparow.com, maar wees gewaarsku – daar’s ‘n ‘gevaarlike speletjie’…


* Lees ook: Suzanne Steyn skryf uit Nederland