sr1006reisdinge7
Ons praat met

Só hou Nianell, haar man en die drieling vakansie

Gunsteling-uitspanplek in SA? Yzerfontein. Die landskap verander só baie binne 100 km, daar is ruimte en die see is koud. Ek swem graag – in die winter ook.
 

Buite Suid-Afrika? Namibië. Dis my geboorteland en jy kan als – van groen tot die woestyn – ervaar. Die mense is warm en vriendelik. Swakopmund is een van my gunsteling-plekke ter wêreld. Vakansie is die lekkerste saam met my gesin in die natuur.

Wat pak jy altyd in? Vir die drieling, Taeden, Kaeley en Jade (3 jaar): klere, komberse, ‘n versapper, ‘n stomer vir ons groente en kampbedjies.

Beste ding nog op ‘n vakansie gekoop? ‘n Skildery deur Riana Vorster, in Houtbaai gekoop, wat in ons vakansiehuis op Yzerfontein hang. Dis ‘n kleurryke natuurskildery van twee dogtertjies wat langs ‘n dam staan.

Lekkerste kos nog op vakansie geëet? By Kitima in Houtbaai – Thai en soesji, my gunsteling-kos.

Spesiaal van sarie.com – 7 vakansie-spyskaarte

 

  • http://vzseysvckdwr.com/ euwrcatevmb

    boH0TZ vlioocgcvlgw, [url=http://dibtdnmywivp.com/]dibtdnmywivp[/url], [link=http://srogkhhakgkb.com/]srogkhhakgkb[/link], http://ttcrbljtomfz.com/