kurt_nuwecd
Ons praat met

Só lyk dit! Kurt Darren se splinternuwe CD

Kurt se nuutste CD, Oos Wes Tuis Bes, word Vrydag 15 Oktober bekendgestel en hy het vanoggend (Dinsdag 12 Okt) ‘n voorsmakie hiervan gegee toe hy op sy Twitterblad die omslag vir die eerste keer gewys het. Só het hy gesê: “Nuwe cd word vrydag vrygestel, hoop in my hart julle hou van hom, hier’s n voorskou!! Sien julle op Idols vanaand”.

Kurt was Sondagaand een van die 4 beoordelaars op Idols en sal vanaand (Dinsdag 12 Okt), tydens die uitstem-episode, ook optree. Wat gaan hy sing? “Kaptein met ‘n twist” en natuurlik sy pragtige treffer wat hy vir sy verloofde, Dunay Nortje, geskryf het: “Standing on the Edge of My Life”.

In ‘n onderhoud op die amptelike Idols-webtuiste, is Kurt gevra watter een van die beoordelaars sy gunsteling is. “Elkeen het sy eie besondere kwaliteit”. Hy hou baie van Gareth se eerlikheid, Mara weet waarvan sy praat wanneer sy oor stemkwaliteit kommentaar lewer omdat sy self so ‘n goeie sanger is en Randall is streng wat natuurlik weer ‘n ander dimensie aan Idols verleen.

Vanaand is sekerlik die grootste naelbyt-episode tot nou toe wanneer nie één nie, maar twee Idols-deelnemers hul tasse sal moet pak.

Maak seker dat jy vanaand om 18:55 op die M-Net- of Magic World-kanaal in te skakel vir die Groot Uitstem!