binne1_310w
Ons praat met

Só sien ‘7de Laan’-ster haarself

Ons het Angelique leer ken as Clara in 7de Laan. Daarna was sy aanbieder van Boer soek ’n vrou op kykNET, en van Oktober vanjaar af sien ons haar weer in ’n nuwe reeks van dié program.

Angelique sê sy is vol liefde en blydskap, en sy wil dié emosies met almal om haar deel.

Sy teken haarself met engelvlerke omdat haar naam “boodskapper uit die hemel” (heavenly messenger) beteken.

Angelique Gerber

Angelique sê oor haar lewe:

“Ek het nie ‘n clean cut, maklike lewe gehad het nie. Ek is bly daaroor. Ek is dankbaar ek het baie stories om te vertel sodat ek ‘n inspirasie kan wees en ander mense kan help.”