Ons praat met

Sokkerslim – wat jy moet weet (deel 1)

Die lug is elektries en die vuvuzelas raas:

11 Junie kom nader – wanneer Bafana Bafana en Mexiko mekaar in die openingswedstryd van die 2010-Fifa-Wêreldbekersokkertoernooi by Soccer City in Johannesburg die stryd aansê. ’n Maand lank gaan 32 nasies dit in SA teen mekaar uitspook in ons indrukwekkende nuwe sokkerstadions – van Polokwane tot in Kaapstad.

En ja, dis waar: Sokker ís groter as rugby! Die Wêreldbekersokkertoernooi is elke vier jaar een van dié grootste sportgebeurtenisse. Vanjaar gaan 32 miljard mense wêreldwyd in stadions en op TV daarna kyk, teenoor die 2007-Wêreldbeker-rugbytoernooi se gehoor van 4,2 miljard mense. Tog is baie Suid-Afrikaners onkundig oor “the beautiful game”.

Hoe gemaak as jy wil saamgesels? ’n Nuwe boek, Sokker – alles wat jy wil weet maar te skaam is om te vra* deur Tim Sandham, verduidelik die belangrikste feite. Hier’s ’n spesiale uittreksel.

1. – Die Chinese het dit begin

Daar’s bewyse van ’n Chinese sportsoort teen 2500 v.C.,Tsoe Tsjoe. “Tsoe” beteken “ommet die voet te skop” en “tsjoe” verwys na ’n “opgestopte leerbal”.Teen 1100 was sokker in Engeland ’n gewelddadige massasportsoort waar enigiets toelaatbaar was. Koningin Elizabeth 1 het in die 16de eeu die spel verbied. Sokker soos ons dit vandag ken, het in die 1800’s in Engeland ontstaan en die reëls is in 1848 in Cambridge neergelê.

2. – Jou hemp is uit – geel kaart!

’n Speler verdien ’n geel kaart wanneer hy té geesdriftig te kere gaan nadat hy ’n doel aangeteken het deur sy hemp uit te pluk. Fifa meen “naaktheid” mag sekere kulture affronteer.’n Skeidsregter mag ook die spel staak en ’n speler maan om sy sokkies op te trek en sy trui in te steek – als ter wille van sokker se goeie beeld!

3. – Rooi blits

Navorsing het bewys sokkerspanne met rooi hemde vaar meestal beter.

4. – Wat en Waar?

 – ’n Span bestaan uit minstens 7 maar nie meer nie as 11 spelers – dit sluit die doelwagter in. Daar mag 7 plaasvervangers op die kantlyn wees, maar slegs 3 mag gebruik word. 

’n Wedstryd het twee helftes van 45 minute elk. Die skeidsregter kan ekstra tyd toelaat om te vergoed vir beserings en plaasvervangings.

5. – Onthou Dié name

Cristiano Ronaldo (Portugal), Kaká (Brasilië), Lionel Messi (Argentinië), Didier Drogba (Ivoorkus), Michael Ballack (Duitsland), Cesc Fabregas (Spanje), Seol Ki-Hyun (Suid-Korea), LandonDonovan (VSA) en Samuel Eto’o (Kameroen).

6. – Onkant!

Die onkant-reël is sokker se moeilikste en belangrikste een. As jy régtig sokker wil volg,maak seker jy ken dit. Die straf vir onkant-spelis ’n indirekte vryskop (’n doel mag nie direk daarvan aangeteken word nie) vir die ander span vanaf die plek waar oortree is. Onkant-spel is wel toelaatbaar indien die onkant-speler:

– nie aktief deelneem aan die spel nie (soos wanneer hy beseer is of sy skoen vasmaak) of

– die bal direk ontvang vanaf ’n doelinskop, ’n ingooi of ’n hoek-skop.

7. – ’n Dure man

Praat van Cristiano Ronaldo en mans én vroue sit regop. Buiten sy smeulende voorkoms is dié doelskieter van Real Madrid en Portugal die duurste sokkerspeler nog. In 2009 het sir Alex Ferguson van Manchester United Cristiano aan Real Madrid verkoop vir 80 miljoen pond (sowat R900 miljoen) – nie sleg nie, want in 2003 het hy hom vir net 12 miljoen pond (sowat R140 miljoen) van Sporting Lisbon gekoop. Kan jy beter doen op die aandele-beurs?

Hier’s K’naan se amptelike Wêreldbeker-liedjie

Ekstra

Eduan Roos, sokkerskrywer vir Sport24, sê Bafana Bafana se sterre is veral die middelveld-sensasies Steven Pienaar en Teko Modise, die boontjierank-verdediger Matthew Booth en Katlego Mphela, wat saam met die wispelturige Benni McCarthy ’n gedugte doelskieter-kombinasie kan uitmaak.

 

  • XEPIaa qxkzccuueiit, [url=http://rqbcadeyinco.com/]rqbcadeyinco[/url], [link=http://ekxkseevbcyg.com/]ekxkseevbcyg[/link], http://zqvjisgkbzea.com/