Ons praat met

Sokkerslim – wat jy moet weet (deel 2)

8. Becks, Mnr. Trend

Vir baie vroue is sokker sinoniem met David Beckham. Hy speel tans, as deel van ’n  uilooreenkoms met sy Amerikaanse klubspan LA Galaxy, vir die klub AC Milan in Italië.Weens  n hakskeenbesering gaan hy waarskynlik nie vir Engeland in die Wêreldbeker-toernooi uitdraf  die,maar hopelik kom hy steeds hierheen as ambassadeur vir Engeland se 2018-Wêreldbeker-sokkerbod, sê Retha Grobbelaar, die dagblad Beeld se WB-sokkerskrywer.

Posh & Becks – David  en sy vrou, die gewese Spice Girl Victoria Beckham (Posh Spice) – is sekerlik een van die wêreld se bekendste celebegpare. Hul huweliksbootjie was al in stormwaters, maar nou lyk dinge weer goed. “Becks het aan mans bewys jy kan suksesvol wees én jouself goed versorg,” meen Chris Viljoen, mode-direkteur van Elle-tydskrif in SA. “Danksy hom het baie groot sportsterre ook modebewus begin raak.” Nadat Beckham dit ses jaar gelede begin doen het, dra mans met groot gemak jeans en sportbaadjies na informele én formele geleenthede, sê Chris. “En hy het die pak weer hoogmode gemaak. Sy haarstyl word ook deur duisende jong mans nageboots.”

Chris reken toe Beckham sy loopbaan begin het, het mense gedink hy is “’n verwyfde sokkerster met ’n trofee-vrou aan sy sy.Maar kyk net hoe het hy homself bewys: As ’n styl-ikoon wat sy woord goed doen en uitstekend sokker speel.”

Eduan verduidelik:Die ontkantreël

“Die onkantreël verskil nie veel van rugby s’n nie. ’n Speler is onkant wanneer hy as aanvaller voor die teenstanders se laaste verdediger (buiten die doelwagter) inbeweeg (in die teenstanders se helfte van die veld) voordat ’n spanmaat die bal na hom aangegee het. Die bal mag dus net ‘vorentoe’ aangegee word indien die voorste aanvaller hoogstens in lyn met die laaste verdediger is.”

 

9. – Sokker-techno?

Nee, glad nie! Daar is byna geen gevorderde tegnologie by sokker betrokke nie.Die skeidsregter se fluitjie en horlosie is Fifa se enigste toegewing aan “tegnologiese vernuwing”. Daar is ook nie ’n TV-skeidsregter nie. Fifa meen dié “kyk weer”doen afbreuk aan die vloei van die spel.

10. – Sokker, dwelms en moord

In die 1994-Wêreldbeker-eindstryd het die VSA op hul tuisveld teen Colombia gespeel. Andrés Escobar,’n verdediger van Colombia, het per ongeluk die bal in sy eie doelhok laat beland. Die

VSA het 2 – 1 gewen en Colombia is uit die toernooi.’n Paar dae later is Escobar buite ’n kroeg doodgeskiet. Omstanders beweer die moordenaar het geskree “DOEL!” Daar is vermoed dat dwelmbendes, wat groot geld op die wedstryd gewed en verloor het, die moord gereël het.’n Jaar later is Benito Feltonado,’n oud-onderwyser, skuldig bevind aan die moord.

11. – Trane en die uie-ad

Paul Gascoigne, ook bekend as Gazza, het só met ’n verwronge gesig en hartverskeurende trane gehuil toe Engeland in 1990 deur Wes-Duitsland in die halfeindronde van die Wêreldbeker-toernooi in Italië uitgeskakel is, dat hy gevra is om uie op TV te adverteer!

12. Weet dít en lyk slim

  • Suid-Afrika is nommer 70 op die internasionale sokker-ranglys (uit meer
  • as 200 lande) en twaalfde in Afrika.
  • Die naam Bafana Bafana (letterlik: “seuntjies seuntjies”) is aan die span gegee toe SA vroeg in die 1990’s teen Zimbabwe verloor het. Die pers het smalend verwys na SA wat soos
  • “seuntjies” afgeransel is. Hoewel daar heftig beswaar gemaak is, het die naam mettertyd ’n bron van trots geword.
  • The beautiful game Dis hoe sokker bekend staan. Verwys daarna in gesprekke – jy sal punte verdien by sokkerkenners. Moet dit net nie oordoen nie!
  • Fêrplie! Dis fair play of regverdige spel, die in-ding in die sokkerwêreld – ’n strewe omweg te beweeg van die sokkerboewery wat soms die sportsoort ontsier.Dit gaan maar soms moeilik
  • om fêrplie in die hitte van die stryd te bespeur.
  • Zakumi is die amptelike gelukbringer van die 2010-toernooi. Hierdie vriendelike luiperdjie gaan nog diep in jou hart kruip. Sy naam is ’n samestelling van “za” (ons land se webadres-uitgang) en “kumi”, wat in verskeie Afrika-tale “tien” beteken – Suid-Afrika 2010!
  • Laduma! is ’n plaaslike uitroep wat geskree word as iemand ’n doel aanteken. Letterlik beteken  dit “dit dreun” in Zoeloe.

Hier’s die plaaslike groep Jamali se Wêreldbekerliedjie, Mzansi

Terloops

Cristiano se middelnaam – hy gebruik dit as sy “sport-van” – is afkomstig van die Amerikaanse oudpresident Ronald Reagan, Cristiano se pa se gunsteling-akteur!

 

13. – Vuvuzela

Die woord beteken “koedoehoring” en dis tradisioneel gebruik om vergaderings aan te kondig of om stryders te roep om te veg. Maak só met die vuvuzela voor jou mond: Druk jou lippe toe –  ou hulle toe. Blaas so hard jy kan tot jou wange bol. Lig jou lippe in die middel effens van mekaar en laat die lug daardeur vibreer. Aanvanklik sal dit onaards klink. Die kinders en honde sal dalk begin huil. Maar hou aan. Mettertyd sal jou lippe alle gevoel begin verloor. Wanneer jou ore toetentaal tuit en jou man dreig met egskeiding, sal jy weet jy is reg om jou sitplek by ’n groot sokkerwedstryd in te neem. Die desibel-vlak van ’n enkele vuvuzela is 140 – gelyk aan dié van ’n geweerskoot of klapper.Die vlak van ’n paar duisend vuvuzelas in die drukpot-atmosfeer van ’n vol stadion is 140 x 109– gelyk aan die klank van 60 straalvliegtuie wat opstyg!

14. – SA Se Vroue-SokkerSpan

Is Banyana Banyana (“meisies meisies”). Ongelukkig sukkel hulle met borgskappe en is daar nie ’n professionele vroueliga nie – dus kan baie min van hulle heeltyds aan sokker aandag gee. Die nasionale o.23-vrouespan staan bekend as Amaglug-glug, n.a.v. hul borg, Sasol, se advertensieveldtog.

Zolani Mahola, hoofsanger van die SA musiekgroep Freshlyground, het volle vertroue in ons vroue-sokkerspan en het onlangs in ’n onderhoud op www.sarie.com gesê: “My gunsteling-span is Banyana Banyana. Die susters kan dit doen. Maar daar is altyd ’n kans dat Bafana Bafana kan wen. Ons het heelwat wat in ons guns tel. Optimale weerstoestande, die land ondersteun die span – hoekom nie?”

Het jy gehoor?

Rialette Gous, spraakterapeut en oudioloog van Pretoria, sê: “Langdurige blootstelling aan

geraas veroorsaak gehoorverlies. Wanneer mense dus aan die lawaai van bv. vuvuzelas blootgestel word, sal hulle daarna ’n tydelike drempelverskuiwing in hul gehoor ervaar. Hul ore sal suis en voel asof daar watte in is. Dít behoort ná 48 uur van stilte te herstel. As hulle egter daagliks aan sulke geraas blootgestel word, kan dit hul gehoor op die langer duur benadeel.”