Het jy gehoor?

Spaar só geld in die kombuis: 4 celebs deel hul geheime

Om lekker te eet is nie altyd ’n goedkoop affêre nie, behalwe as jy dit slim aanpak! Hier is 5 wenke van ’n paar SA bekendes wat vertel hoe hulle geld spaar. 

1. Nataniël – SA se heel gunsteling-kaalkop

FOTO Clinton Lubbe (geneem vir SARIE Desember 2013)

FOTO Clinton Lubbe (geneem vir SARIE Desember 2013)

“Ek is MAL oor oorskiet, eet dit net so of doen iets opwindends daarmee.”

 

2. Desiré Gardner – Sepiester

FOTO Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

“Ek kook graag bolognese vir my gesin, maar ek rek dit deur ekstra uie of tamaties by te voeg pleks van ekstra vleis. Nog ’n manier hoe ek geld spaar, is om groot hoeveelhede op ’n slag gaar te maak. Jy spaar só baie geld, maar jy moet genoeg geld hê om by die groot maat te kan koop.”

 

3. Denise Newman – Afrikaanse aktrise

FOTO: Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

“My man is die meer handige een in die kombuis en vat meestal beheer daar. Hy glo veral dat jy nie kos moet mors nie en dat jy kreatief moet raak met oorskietkos. Daar is altyd ’n plan om kos wat oorbly op ’n ander manier vir ’n volgende maaltyd aan te bied. Vandag se skaapboud is dalk môre se lekker vleis vir ’n pastasous. Dink slim en dink vooruit.”

 

4. Tracey Lange – TV- en radio-persoonlikheid

2013_smile_tracey_lange_selects_3974_3_

FOTO Verskaf

“Ek kook mos glad nie eintlik nie, maar kom ek probeer. Ek maak my eie slaaisous van olyfolie, asyn, sout en peper, en ’n bietjie suiker. Dan was ek net een maal per dag skottelgoed om water en geld te spaar.”

Wat is jóú geldspaar-wenk? Los kommentaar hieronder en deel met ons!

Lees nou

Basisresep van bolognaise

5 idees met gaar hoender

4 idees met oorskiet Kersham