Ons praat met

Steve Hofmeyr oor Nádine

“Goeie liedjies is skaars en ek gee nie lukraak deuntjies weg nie, maar sy’t haarself reeds bewys as iemand wat jou materiaal sal maak werk. Ons stemme werk goed in duet en daarom kon ons dit al baie saam sing.”

Nádine kon ‘n sukses van haar musiekloopbaan maak oor haar uithouvermoë en omdat sy die moeilike oorgang van kinderster na diva gemaak het, sê Steve. “Sy gee nie moed op nie en verwoord die verskillende dekades vir elke generasie beter as die meeste. Die res van ons sit vas op een plek. “As sang is wat jy jouself belowe het om lewenslank te doen, help dit nie om lui te wees nie. Nádine werk soos ‘n maniak.

“Een van haar sterk punte is dat sy kán sing. Sy vertrou nie op te veel foefies nie. Ek dink nie dit sit in enige plaaslike sangeres se broek om ‘This Time I Know It’s for Real’ (die titelsnit van haar jongste CD) te vertolk soos sy gedoen het nie. Sy’t talent en passie. Sy’t ook die platste magie in die bedryf en dit help dat sy beeldskoon is!” – Steve Hofmeyr


  • Amelia Ireton

    Steve jou bek moet jam kry want kyk sy is pragtig deur en deur en jy is fabulous om nie soos baie te beledig en sleg te se nie !!!

  • B9o5Om vaglpapwcbpl, [url=http://irxdjzseytjh.com/]irxdjzseytjh[/url], [link=http://mybgjdkhfxep.com/]mybgjdkhfxep[/link], http://zxsswqjjxnfw.com/

  • aonixo

    Z7u7Nt ahnrdyntjude, [url=http://bldhdhhpogqe.com/]bldhdhhpogqe[/url], [link=http://ikttujxqjnsp.com/]ikttujxqjnsp[/link], http://wssdstfnosnx.com/