Ons praat met

Steve op pad oorsee

Steve Hofmeyr is op pad Australië en Nieu-Zeeland toe.

Nee, darem nie oor hy hom vir Julius Malema vererg het en sy goedjies gepak het nie.

Hy skop op 8 Mei ‘n toer van bykans drie weke af om sy nuwe CD, Duisend en Een, bekend te stel.

“Dis jare laas dat ek in Australië en Nieu-Zeeland was. Oorsee was toe nog ver. Vandag is Auckland reeds uitverkoop en ons open nog konserte. Om een of ander rede is bemarking makliker op die eilande, miskien omdat dit soveel kleiner as OZ is. Daar doen ek wel ‘n konsert in Brisbane.”

Steve doen onder meer konserte in Nieu-Zeeland in Hamilton, Auckland, Rotorua, New Plymouth, Parmeston North, Hawks Bay, Wellington, Christchurch en Ashburton.

“Jammer ek skeep Australië af, maar ek sal weer ‘n draai maak.”

Hy skeep darem ook nie Suid-Afrikaners af nie. Sodra hy terugkom, pak hy ‘n landwye toer met Duisend en Een aan.

Vir Steve se volle toerprogram in Australië en Nieu Zeeland klik op www.stevehofmeyr.co.za.

Bespreek vir Steve se SA-toer in Julie 2010 by www.computicket.com

  • Jy bly ons SUPER STER!!!!!!!!!!

  • Brenda

    Dis omdat daar SO baie van ons in Nieu Seealand is en ons geniet dit as SA’nse kunstenaars vir ons kom kuier. Ons ondersteun met graagte.

  • suz

    Hi Steve, wel ek hoop jy geniet jou toer, ongelukkig het jy nou "uitsprake" gemaak aangaande Uhuru wat sogenaamd sou twak wees. Ek dink dit was bietjie onverantwoordelik. In elk geval, gaan geniet nou maar eers jou toer.

  • Janine

    Stevie Boy – jy kan bly wees dit is nie permanent nie. Wat sal ons sonder jou maak?

  • jannie

    Jammer hy bly nie permanent daar nie!

  • Jacques

    Steve
    Vra sommer daar vir ons vlugteling status.

  • Elaine Etsebeth

    Solank jy nie land uit gaan en nie weer terugkeer nie
    Jy is natuurlik een van my grootste sterre
    Wees versigtig
    Groetnis
    Elaine Etsebeth

  • Margaret

    Wens hy wil immigreer! Moeg vir sy swak gedrag, nonsens en vuil taal!

  • Ag, kan hy nie maar daar bly nie? Asseblief?

  • Martin von Kaschke

    Ons soek jou in Perth!!!! Oppistasie – die eerste Afrikanse radio program in Wes Australia – speel meeste Sondae n liedtjie van jou en ek en die kinders sit in die shed en luister! Sien uit na jou toer!!!

  • Sandra

    Jip ek stem saam……………..ons geniet ons Afrikaans in New Zealand en sal alle Afrikaanse kunstenaars ondersteun!

  • RB

    Ek het gedink Jurie Els doen so goed by skool konserte, seker nie.

  • Ollie

    Mag hy daar bly.

  • Tinkie Strydom

    Ek wil net vir die mense sê AL sy konserte is reeds volgeboek in New Zealand en daar is nie plek vir ‘n muis nie. Die 2de konsert in Auckland is gereel omdat so baie mense nog kaartjies gesoek het. Steve, stuur groete vir al die SA’ners in NZ. My kinders is ook in Auckland en het reeds kaartjies en kan nie wag dat hy kom nie.

  • Maureen

    Hi Steve,

    Ons wat nog aanhangers is is trots op jou dat jy sover gaan om ander mense ook te kan vermaak – GO STEVE YOUR THE BEST!!!!!!!

  • Redge

    Brenda julle moet julle gedra oppi Shore nê!Ons Hillbillies watch julle!

  • Barry

    Hi Steve ek stem saam om besgheid in oz land te doen is tog net vir seekers bedoel,ek like jou musiek baie en dat jy ñ persoon is met inbors wat staan wavoor jy staan,sterkte met dai nuwe cd

  • Boomklouer

    Agge neeeee! Nie permanent nie?!! Gepraat van vlugtige vreugdes…..

  • Poppie

    AAI STEVE! BLY EERDER DAAR DAT JY DIE GIRLS BIETJIE RUS KAN GEE IN SUID AFRIKA! EK BID NOGSTEEDS VIR JOU!

  • As almal maar net sy moed aan die dag kon lê, met wat hy sing, sê of skryf.Wat hy ookal doen, vat hy volle verantwoordelikheid voor.Hoeveel van die mense kan dit sê?

  • Wally

    Steve – doen Suid-Afrika ‘n groot guns – bly sommer daar!!!

  • Daniel Erasmus

    Steve en wanneer kom jy Amerika toe, ons soek jou hier en vinnig. Moet jou asb nie steur aan hierdie klomp negatiewe ouens nie, hulle is maar net jammer vir hulle self en baie jaloers op jou.

  • Natasja

    Ag Stève ou maat. Ek wens darem jy wil jou sondes los en die Here ‘n kans gee om in jou lewe te werk. Jy het soveel potensiaal en is so gewild onder baie Suid Afrikaners, maar ek moet sê jy stel darem so baie kere teleur met die sondige patroon waarin jy vasgevang is. Wil jy nie maar sit en ‘n slaggie mooi na jou lewenspaadjie kyk nie? Gee die groot Almagtige God ‘n plek in jou lewe!

  • Sterkte Steve, Hoop dit is ‘n reuse sukses. Alles van die beste daar anderkant, kom veilig terug. Jy is werklik een van die heel beste kunstenaars in ons land.

  • Lyn

    Steve, alle sterkte vir jou toer, ek hoop jy geniet dit. Mense is vol
    negatiewe kommentaar, ten minste het jy nog nooit weg gehardloop van jou
    verantwoordelikhede nie en is jy mans genoeg om jou mening/sê te lig –
    dit is hoe dit is – en by jou standpunt te hou!.

  • Kobus van den Berg

    Hi Steve, ek kry nie ‘n plek waar ek my sê kan sê oor die maroetie wat jou uitdaag nie, maar ek sê jy is reg, die hedendaagse predikante het al jare gelede hulle band met realiteite en mense verloor, die eensydige siening van sommige van die presikante spreek boekdele van onkunde oor Christenskap, ja nee ek sal graag die fight wil volg groete

  • Meryl

    Steve met jou groot stem van sing, se ek geniet die toer, en kom na Onse Suid Afrika weer veilig terug, daar is net een Steve Hofmeyr, en jou musiek is net joune, en dit moet nooit stil word nie,veilig wees groete Meryl

  • Gerda

    Steve kan mos vir Jurie Els gebruik in die voor show? Hulle het baie geld verloor agv die hofsaak in SA en sal kan doen met ‘n bietjie publisiteit.

  • Wynand

    Bly sommer daar asb.

  • J5yVya ubejknxoncfr, [url=http://jonjrrlbdwsl.com/]jonjrrlbdwsl[/url], [link=http://ygjcdwcnbbni.com/]ygjcdwcnbbni[/link], http://tydabsamatvw.com/