stevereg
Ons praat met

Steve se Facebook-aanhanger vertel die rit in sy Audi R8


Talitha Botha (38), ‘n skuldinsamelaar van Pretoria-Noord, het gereageer op ‘n Facebook inskrywing van die sanger Steve Hofmeyr waarin hy op sy daaglikse status datering gesê het hy sal iemand vir ‘n ‘spin’ in sy nuwe motor neem. Sy is ma van Brandon (15) en Dylan (13) en getroud met Wouter (40), ‘n werktuigkundige. Sy vertel:
 
”Dit was ‘n absolute belewenis om saam met my gunsteling-sanger op 25 November in ons buurt rond te ry. Dit was fantasties, ‘n belewenis. Ek het soos ‘n celeb gevoel. Ons het verby ‘n groep soolseuns gery en toe hulle sien dis Steve het hulle gesê: ”Hey, is that not that singer guy?” Ons het net gelag. Toe ek die inskrywing op Facebook sien het ek dadelik gereageer en toe daarvan vergeet… Ek het nooit gedink ek sou gekies word nie. Toe iemand van Steve se kantoor my bel en sê hy kom my die volgende dag oplaai, het ek gevoel alles borrel oor van opgewondenheid. Ek het my man gebel en hy het gelag en gesê hy is bly. (Hy weet ek is ‘n groot fan.) Die meisies wat saam met my werk het gegil toe ek hulle vertel. Ek en Steve het oor kinders, oor my werk en oor die media gesels. Hy is plat-op-die-aarde en vriendelik. Ek het gevoel of ons ou vriende was, hoewel dit die eerste keer was wat ek hom ontmoet het. Die rit het sowat 15 minute geduur. Ek is al ‘n aanhanger van hom sedert hy Bruce Beyers in die TV-reeks Agter elke Man in 1985 gespeel het. Ek hou van hom ondanks sy foute. Hy is baie lief vir sy kinders. Ek respekteer hom omdat hy glo in Afrikaanse musiek, en hy opstaan vir dít waarin hý glo. En daai stem! Daar is nét een Steve. Ek hou die meeste van sy liedjie ”Pampoen”. Ek sal dié rit nooit vergeet nie. Dit het my dag en naweek gemáák.”

  • wiesie

    jou luck girl

  • Hassan

    Es ist schon sehr ironisch wenn 10 Jahre veolrren gehen, die zwischen zwei Anschle4gen liegen, weil die Menschen wie auf Kommando aufgehf6rt haben rational zu denken und vor allem ist es so traurig, dass es diesen Anschlag in Norwegen gebraucht hat um so viele Leute aus ihren Allgemeinple4tzen und Vorurteilen zu reidfen.