Ons praat met

SA ‘rapper’ stel onderklere vir vroue bekend

Ja, jy’t reg gehoor, jy kan nou ’n broekie koop met ’n Snotkop-embleem op die agterkant, wat spesiaal vir dié reeks ontwerp is. (Dit kos R50 by vertonings en R90 op sy webtuiste, wat die afleweringskoste insluit.)

Die broekies is beskikbaar in neonpienk of sexy swart, het hy aan SARIE gesê.

Die idee om sy eie reeks vroue-onderklere te begin, het tydens een van sy vertonings by hom opgekom. “Terwyl ek besig was om ná ’n show handtekeninge uit te deel, het ’n vrou my gevra of ek nie onderklere het nie. Toe dink ek, dis nogal ’n nice idee.”

Volgens Snotkop kan aanhangers nie genoeg van dié ondergoedjies kry nie en sukkel hy om voor te bly.
 Hy’s reeds besig met ’n volgende reeks en beplan “‘n full-on lingerie-reeks”, sê hy.

En dis nie asof iemand anders dit namens hom doen nie, hy’s volledig betrokke: van die kies van die materiaal tot die ontwerp van die embleem.

“Dis ’n pret-idee en ek probeer dit so opwindend as moontlik maak.”

Bestel jou broekie hier!

Snotkop vroue-onderklere

  • Marius Heath

    Wow ek laaik dit Francois

  • Mia Nagtegaal

    Nee wat, ‘n Snotkop broekie is die laaste ding wat ek sal sit op my maandelikse inkopielys.

  • louise

    sexy baie saxy

  • bianca

    Super flippen sexy verby

  • Natalie Lourens

    Nice….

  • sonja

    Ek love dit ek sal somer een van elk kleur koop 🙂

  • Mariaan Harmse

    Het een aangeskaf!! Die sexy swart een!! Love dit!! Thanx Francois! Keep on rocking!!

  • Karen Du Plooy

    Dit is baie cool. Wow laaik die klere Francios