Irshaad, Ayesha en Rahmah
FOTO: Verskaf

Irshaad, Ayesha en Rahmah FOTO: Verskaf

Ons praat met

Suidooster se Irshaad Ally en vrou, Ayesha, speel ‘vasvra’

Jy ken jou maat? O, regtig? 

Of julle vier of vyftien jaar getroud is – moet nooit dink jy ken jou maat deur en deur nie … Irshaad en Ayesha Alley speel saam in ons ‘vasvra’. Wie weet, dalk leer jy ook iets!

Irshaad is ’n voormalige Pasella-aanbieder en vertolk die rol van Rhafiek in kykNET se nuwe sepie, Suidooster. Hy en Ayesha is 4 jaar getroud en hul dogtertjie, Rahmah, is 2. Ayesha is ’n onderwyseres by Rondebosch East Primary School in Kaapstad.

*Irshaad en Ayesha is net een van die paartjies wat dié ‘vasvra’ gedoen het. Kry die November-uitgawe van SARIE vir ander bekende paartjies soos Magdalene Minaar en haar man, Francois, se antwoorde. 

Watter gewoonte van haar irriteer hom die meeste?

Irshaad: O, het jy genoeg tyd! Sy praat baie, alles wat sy dink, sê sy. En dan raak dit ’n geselskap waarvan jy deel word.

Ayesha: Ek praat te veel.

En watter van sy gewoontes irriteer haar?

Irshaad: Soveel … Ek hou van alleen wees en dan wil sy mall toe gaan of iets.

Ayesha: Hy eet springmielies in die bed!

Wat is haar gunsteling-fliek?

Irshaad: The Sound of Music. Musicals.

Ayesha: Titanic. Dit was ’n lekker storie. En Leonardo DiCaprio was daarin.

En syne?

Irshaad: The Count of Monte Cristo. Dit gaan oor ’n ou wat sy lewe omdraai, op eie stoom. Ek hou van die boodskap.

Ayesha: The Count of Monte Cristo. Moet wees. Ons het die DVD en hy kyk minstens een keer per maand daarna.

Haar lekkerste tonekrul-bederf?

Irshaad: ’n Besoek aan die haarkapper.

Ayesha: Retail therapy! Gehaltetyd saam met Irshaad – dis moeilik met ’n kind.

En syne?

Irshaad: Ek kan nie wag vir die somer om te gaan snorkel nie. Enigiets wat met die see te doen het.

Ayesha: ’n Wegbreek, veral as ek dit reël en hom verras. Die see. Om op sy eie te wees.

Wie is haar grootste ikoon en hoekom?

Irshaad: Mmmm … sy is ’n gróót fan van haar ma. Sy bewonder haar integriteit en kalmte.

Ayesha: My ma, Nazaly. Haar ondersteuning, onvoorwaardelike liefde. Sy is my spa-buddy!

En syne?

Irshaad: Enigeen wat ’n goeie lewe lei, ’n goeie mens is.

Ayesha: Denzel Washington, hoe hy toneelspeel. Ons het al sy flieks.

*Suidooster is vanaf 16 November elke Maandag, Dinsdag en Woensdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) & Kie (DStv-kanaal 145) te sien.

Lees die ander paartjies se antwoorde in die November-uitgawe van SARIE. Dié uitgawe is nie meer op die rak nie, maar kan HIER afgelaai word.

sarie november sandra prinsloo tinarie van wyk loots nov sarie voorblad