dcs_7726
Ons praat met

Supersterre-blog – Lianie May se Giovanni wen 3de episode, hy blog vir ons

Supersterre se derde episode-wenner Giovanni Divito blog vir sarie.com:

“Dit was vir my ‘n groot eer en verrassing om as die wenner aangekondig te word.  Afhangende van Lianie se skedule oefen ek saam met haar by haar huis in Pretoria, andersins oefen ek tussen 2 tot 3 ure per dag.

“Lianie is nie net my afrigter nie maar nou ook ‘n goeie vriendin. Ek is baie opgewonde en trots om haar as my afrigter te kan hê. Die grootste verleentheid wat ek ervaar het was toe ek Patricia se rok per ongeluk vasgetrap, en bykans afpluk, het.

“Tydens die kompetisie het ek baie mense ontmoet en by elkeen het ek net goeie raad en advies gekry.

“Theuns Jordaan se aanmerking, jy is nou in hierdie kompetisie om te wen, het absoluut my dag gemaak. Hy het verseker meer vertroue in my as wat ek in myself het want al die deelnemers het fenomenale sangtalent. Sy aanmerking het my egter aangespoor om tot die beste van my vermoë te presteer.

“Aan al die kykers wil ek net sê dat daar soveel is om te sien tydens hierdie kompetisie dat hulle dit nie mag misloop nie.”

  • tina

    Giovanni, jy is pragtig. Jou optredes is baie goed en ek hoop jy wen!!!!

  • Rensie

    Probeer `n liedtjie soos "under the boardwalk" of iets in dieselfde tyd, bekend vir meeste en lekker loslit. Sterkte

  • Jana

    Giovannie ek dink jy moet bly by feel good music jy het die houding persoonlikheid en alles wat daarmee gepaard gaan. Jy is tops hou so aan!!!!

  • http://www.sarie.com Anne-Marie

    Giovanni, jy is TOPS!!!

  • KARIEN FINCHAM

    GIOVANNIE
    EK WEET AL VAN KLEINS AF JY IS N STER,VANDAT JY BECAUSE ITS LOVE VOOR DIE SPIEEL GESTAAN EN SING MET N HAARBORSEL.
    YOU ROCK
    TANNIE KARIEN

  • zante

    giovanni jy rock jy gaan bislis wen veral as jy een van elvis se liedjies sing en jou boude so swaai glo my al die meisies hou daarvan so sterkte met die finals mwa hoop jy wen

  • Jorina Prinsloo

    Dit sal baie onregverdig wees as Giovanni die Supersterre reeks wen omdat hy nie sy eie "ding" kan doen nie. As hy nie vir Elvis naboots nie, dan is hy van die prentjie af! Sy stem is niks besonders en Supersterre gaan nie oor kunstenaars wat kan dans nie, maar oor kunstenaars met goeie stemme. Stemme wat mens graag wil na luister op die radio.

    Burger is die wenner, hy het ‘n besonderse stem en soos Theuns gese het as hy op die radio sou sing, sal jy weet dis Burger.

    Dit is waar Giovanni tekort skiet – hy klink soos enige ander man op straat. Supersterre sal nooit weer so gewild wees as Giovanni die reeks wen nie, want mense wil nuwe goed sien – nie iemand wat Elvis namaak nie!
    Kom Supersterre, maak ons trots en kies ‘n ordentlike wenner soos Burger of selfs Crystal! Daar word ‘n ophef van Giovanni in die reeks gemaak en dit is onregverdig teenoor die ander deelnemers, want almal werk ewe hard.

  • MAGDA FRASER

    GIOVANNI IS NET DIE BESTE!! HY HET STYL, RITME, PERSOONLIKHEID, ENS. ENS…..CRYSTAL IS TE VOL VAN HAARSELF. DIT SAL BAIE ONREGVERDIG WEES AS SY WEN, WANT VAN DIE EERSTE RONDTE AF AL HET SY GEDINK SY IS BETER AS ANDER, SELFS HAAR SUSTER. NEE WAT, ALMAL STEM VIR GIOVANNI.

  • Sonia

    ek stem dat giovanni die wenner moet wees, en hy was nie bevoordeel nie, net die beste! dis onregverdig van heinz om te se hy maak ander sangers na.WAT VAN DIE ANDER KUNSTENAARS, SING HUL HUL EIE KOMPOSISIES-NEE!!!! SUUR DRUIWE.

  • Tabouri Prinsloo

    Ai weet jy wat gaan my verstand tebowe, ek wat nou al persoonlik gaan kyk het na supersterre, en volgens my gaan supersterre oor die stem die persoonlikheid en die hele pakket. En eks jammer om te se burger het dit nie, en net soos die mense wat giovanni sleg maaak, maak burger elke episode iemand anders sleg. Ek gaan persoonlik nie iemand se kaartjie koop om vir ‘n uur lank te sit en kyk hoe warrel en verdwaal iemand op stage nie, Giovanni hou die mense op sy voete en dis verskriklik lekker om vir hom te kyk. Hy word ook nie voorgetrek nie, as ‘n mens goed is dan is jy goed. Hy het ‘n ongelooflike mooi stem, en ek ken honderde mense wat vir hom dag en nag op die radio sal luister, giovanni jy is pragtig en hou aan met wat jy doen want jy is die beste… gebore met natuurlike talent.

  • Chanté Beukes

    Giovanni jy IS supersterre se wenner ,jy het alles wat ‘n wenner moet he!!! Jy het die hele pakket,die stem ,persoonlikheid,die moves en daarby nog die looks ook.Jy entertain almal van oud tot jonk.Ek weet sommer jy gaan wen!!! Geniet die final … dis joune!

  • chante

    jy rock!! jy word nie voorgetrek nie, inteendeel heinz kraak jou af en se jy maak elvis na, maar jy mag!!! maak stephanie nie vir annelie van rooyen, tina turner, ens. na nie? al verskil-jy is die beste en almal weet dit. glo die beoordeelaars is net eerlik van die begin af

  • corrie

    jy het die hele pakket wat ‘n superster moet he en almal geniet jou elke week, doen so voort. jy moet net die wenner wees!! die publiek gaan jou beslis ondersteun met cd verkope. jou nederigheid maak jou nog meer spesiaal as jou stem.

  • Jan Botha

    Grootman ( Giovanni ) Sing asb vir ons 40 Day`s van Clif in die Finaal as dit moontlik is, Jy is `n SUPERSTER

  • Petro

    Sing Pretty woman en Steve se pampoen die week. Jy sal wen daarmee

  • chantel

    laat waai met ‘n lekker rock lied in engels, 40 days is reg! en dan ook ‘n lekker gatskop afrikaanse liedjie, miskien iets van kurt darren. jy is gemaak om te wen!!! you go boy

  • deon en ricki joubert

    geovanni ons dink jy is tops . Ek dink nie burger se ritme is baie voortreflik nie. Jy is baie kosbaar en dankie dat jy ons Pappa Vader elke keer die eer vir jou talent gee

  • sanet

    giovanni baie sterkte vir vanaand-jy is die beste en ek glo die beoordeelaars sal regverdig wees.jy het alles wat ‘n superster moet wees.geniet jouself, jy het hard gewerk hiervoor!!!

  • Anlie Hattingh

    Eks baie teleurgesteld met gisteraand se supersterre glo net soos wat ‘n "leermeester" vroeer gesê het wie die supernova gaan wees het jy seker geweet wie gaan wen ook, as Burger nie die Saterdag verjaar het sou sy ster geval! So verdien hy dit werklik???

  • http://www.missjewels.co.za Cheryl

    Eerstens, ongeag wie die wenner is, om op daardie verhoog te staan en voor mense op te tree, verg baie. Dit is maklik om kommentaar te lewer op die deelnemers, maar kom ons plaas onself in hul posisies! En Ja, dit is belangrik dat ‘n wenner bepaal word, maar dit bly elkeen se eie keuse na watter musiek hy/sy gaan luister. Ek dink net om die top 10 te kon haal, is jy reeds ‘n wenner. As ons terugkyk, was naaswenners net so, indien nie meer, suksesvol as die wenners. Al hierdie deelnemers het so gegroei van een episode tot die volgende! Aan beide Giovanni en Burger, asook die Supernova, alle sterke! Julle is almal wenners.

  • Kobus Botha

    Govanni baie dterkte vir vanaand ons hou duimvas vir jou. Ons wonder van watter Heidelberg jy kom. Vanaf die een in die Suid Kaap of die een in Die noorde.

    Sterkte

  • Fransina

    Hai Giovanni. ek wil net se dat alhoewel jy nie gewen ht nie, moes jy gewen het. jy het dit vir my die meeste verdien. Baie geluk ook met die CD. kanie wag tot hy uitkom nie

  • Mandie

    Giovanni,ek is ‘n Heidelberger en ek weet ons gaan nog BAIE van jou hoor. Anders as "die ander superster wenners" sal jy verder gaan…… Dit sal wonderlik wees om jou eerste cd op die rakke te sien!!!!!

  • http://mhpypnhbeoob.com/ gvjrpfclo

    9a9Rdo ucuwixtyuhsc, [url=http://ukmuvgwmckhu.com/]ukmuvgwmckhu[/url], [link=http://guxsiftmwrbs.com/]guxsiftmwrbs[/link], http://ipqdscibybla.com/

  • Leoné Buitendag

    Ek en my familie bly in Brakpan en wou graag n CD van jou musiek bekom hoe gaan ons te werk om dit te kry en waar. Jy het vir ons die beste gesing in die Supersterre en ons het regtig gehoop dat jy sou gewen het.

  • http://www.rachatdecredit.net rachat de credit

    Man, really want to know how can you be that smart, lol…great read, thanks.

  • Leola Blignaut

    Hi Giovanni jy is ‘n groot held van my en my gesin en ons wonder net wat het van jou geword ons wag vir jou cd

  • Giovanni

    Hi ek wil net lat weet ek toer saam met die internationale groep SMOKIE vanaf die 2-10 april reg oor die land vir verdere besonderhede blog vir die datums……………………Giovanni Divito

  • http://www.playatonlinecasinos.com/ SirmcricsNarp

    free casino sift effectively the with it casino games at this all advanced free online casino games point with ennoble casino gratuity and free casino games like slots, roulette, blackjack and more free casinos games.. at this online aussie casino.

  • Amanda van Wyk

    Giovanni. Ek het nie Suppersterre gevolg nie en het jou dus gisteraand vir die eerste keer sien optree by Grand West voor die Smokie konsert. Ou maat, jy gaan nog vêr kom. Jy is ‘n "natural" op die verhoog en jy het ‘n baie goeie stem. Het sommer net daar en dan ‘n CD van jou gekoop. Baie sterkte vir jou vorentoe.