chrystal_worshiprz
Ons praat met

Supersterre-deelnemer Crystal Worship: episode-wenner vir die tweede keer

“Om die vorige twee weke onder die laaste twee deelnemers te wees was nie ‘n lekker gevoel nie. Ek het so hard saam met my afrigter, ‘Mani’ (Manuel Escorcio), gewerk! Dalk was dit my liedjiekeuse. Maar eintlik was dit ‘n goeie ding, want nou besef ek hoe sterk die mededinging eintlik is en dat ek soveel harder moet werk om bo uit te kom.

“Dis tóé dat ek besluit het om die Celine Dion-liedjie ‘My Heart Will Go On’ te sing. Dis ‘n baie moeilike ballade, maar met die hulp van my wonderlike stemafrigter het ek dag en nag geoefen, gewerk aan die interpretasie, asemhalingstegnieke, uitspraak en die hoë note. Ek wou hê die gehoor moes die liedjie saam met my beleef.

“Dis die een ding wat Mani my geleer het: Moenie net sing om te sing nie, maar voel en verstaan wat jy sing, word één met die karakter en maak seker jy raak harte aan.”

  • http://byslydcwmony.com/ ngnqja

    8KBzh2 wbesuoiquhro, [url=http://vqxqcelkupnw.com/]vqxqcelkupnw[/url], [link=http://fvldmwctzbmk.com/]fvldmwctzbmk[/link], http://guqxfpqjwgcl.com/