dcs_8041rz
Ons praat met

Supersterre se episode-wenner Reinier Joubert blog

Casper de Vries het een keer vir my gesê: “Dit is pateties, is woorde wat jy nooit sal hoor nie – dit was fantasties.” Ek het eers groot geskrik en was toe verbaas. Toe hy verder praat, het ek verlig gevoel en toe gelag. Ek sal daardie woorde nooit vergeet nie. Dit het my baie selfvertroue gegee.

Dis ‘n baie opwindende gevoel om deel te wees van Supersterre. Dit is nes ‘n droom wat waar geword het. Ek glo dat sulke kanse net een keer kom en dit het my regtig baie blootstelling gegee. Dit vat baie meer tyd en harde werk om een episode op te neem as wat dit op TV lyk.

Ek oefen meestal 3½ tot 4 uur per dag wanneer ek nie eksamens skryf nie. “Practice makes perfect”, en hou aan probeer tot jy sukses bereik het. Jy kan nooit ophou probeer nie. Só sê my stemafrigter, Sindy Claassens.

Ek moes ook ekstra hard werk, want met die Supersterre-opname het ek ook graad 10-eksamens afgelê. Ek het moeilike vakke soos Wetenskap, Rekeningkunde en Information Technology (IT) geskryf.

Dit was soos ‘n droom om bekende sangers soos Theuns Jordaan, Lianie May, Heinz Winckler, Brandon October, en natuurlik Patricia, te ontmoet. Sy is ‘n wonderlike vrou.

Vir al die mense, stem asseblief vir my! En vir al die mense wat eendag wil sing, moet nooit jou droom opgee nie. Hou aan totdat jy sukses behaal het. Een persoon het vir my gesê toe ek in graad 4 was, dat ek nooit sal kan sing nie, en kyk nou waar is ek. Aanhouer wen!

Wat jy dalk nie van Reinier geweet het nie:

  • Hy is in graad 10 aan die Hoërskool Eldoraigne in Centurion.
  • Die aand voor die oudisies het hy die skool se Idols gewen.
  • Hy sing al vandat hy 12 jaar oud is en het reeds in 2007 en 2008 by Aardklop opgetree.
  • Hy het voorheen karate gedoen en het in 2003 en 2008 Suid-Afrika in Argentinië en Italië verteenwoordig. Hy het ook al 4 keer sy Gauteng-Noord-kleure in karate verwerf en 3 keer die SA-span gehaal.

  • Karin

    Baie goed gesing Vrydagaand!

  • http://www.youtube.com/user/MISTERMORNE Morne

    Ek glo in jou- jy het talent, met of sonder supersterre, ou Maat :)

  • Petra

    Renier, ek is SO jammer dat jy uit is!!

    Ek is die meeste jammer dat jy Gerhard Steyn as afrigter gehad het!!!

    Jy sou veel beter kon doen met iemand soos Manual Escorcio wat ‘n passie het vir musiek en WEET waarvan hy praat.

    Jy het Queen se nr FANTASTIES gesing en sy kommentaar dat hy gedink het Stephanie gaan wen was VERREGAANDE!!!

    Hy het GEEN idee van sing nie en hulle moes eerder ‘n afrigter kry wat NIE op toer is die hele tyd nie!!!

    Anyway, ek dink jy gaan nog BAIE verkom, en ek sal uitkyk vir ‘n CD van jou!!!

  • Liezel Steyn

    Hi Renier

    Dit was Vrydag aand ‘n baie hartseer aand in ons huis. My 4 jaringe dogtertjie volg Super Sterre om vir jou te hoor sing. Die glimlag op haar gesiggie as sy vir die tv kyk terwyl jy sing. Wens jy kan dit sien om dit te waardeur!!!!! Dit baie jammer dat jou sterretjie geval het, maar daar wag nog groot dinge in jou toekoms!!!! Sterkte met die pad voorentoe.

    Groete Liezel

  • Chris

    Renier
    Jy sing fantasties, jy is een van die belowendste jong sangers in die bedryf.Kan nie wag vir n CD nie

  • http://kavcrpuowtpr.com/ dwdywwh

    xvItkd usizkevejluf, [url=http://armkbphtuxsp.com/]armkbphtuxsp[/url], [link=http://ujmmvauudekf.com/]ujmmvauudekf[/link], http://wxlezpgodekk.com/

  • http://dzputkypsrzf.com/ wcgloiz

    Z0YoV8 ytycevgblmea, [url=http://jzsnwzguvyzl.com/]jzsnwzguvyzl[/url], [link=http://ytoxsijzxuyo.com/]ytoxsijzxuyo[/link], http://mqekzntozizd.com/