hanna_home
Ons praat met

Survivor: Hanna is uit, ‘n sielkundige sê hoekom

Vra bietjie rond oor hoe Hanna Grobler Survivor SA: Santa Carolina gespeel het, hoor jy gou: Hanna is sterk, positief, en sy hét uithouvermoë. In jou nuutste SARIE gesels sy oor haar tyd op die eiland en vertel hoe sy daar gegroei het. Die deelnemers en lede van die TV-span wat saam haar op die eiland was, is nie die enigste mense wat dink sy het dié uitmergelende speletjie goed gespeel nie.

Renate Scherrer, ’n kliniese sielkundige wat Hanna se vordering op Survivor week ná week dopgehou het, meen Hanna het haar staal gewys deur haar kant te bring en nie terug te staan vir ’n uitdaging nie.

“Ná die uitdaging waar Hanna se lyf ingegee het toe sy liters water op haar skouers moes hou, het sy positief gebly. Haar span het hieroor die uitdaging verloor, maar sy’t nie in selfbejammering verval of ander mense begin blameer nie. Sy het gewys sy’s emosioneel volwasse en veerkragtig omdat sy die werklikheid in die oë gekyk het. Sy’t haar skouers terug getrek en die volgende taak met entoesiasme en optimisme aangepak het.

“Tydens die uitdaging kon jy die fokus en uithouvermoë op haar gesig en in haar lyftaal sien. Sy’t almal verbaas deur so lank uit te hou omdat sy eintlik sag en vroulik voorkom.”
 
Dít het in Hanna se guns getel:

·        Sy’s die soort mens van wie mense graag hou.

·        Sy bly kalm en in beheer.

·        Sy’t ’n goeie humorsin en is entoesiasties en avontuurlustig.

·        Sy doen haar deel en werk hard. Dit maak haar ’n goeie spanlid.

·        Sy’s buigbaar en oorkompliseer dinge nie.

·        Sy vorm alliansies met ander spanlede

Dít het teen Hanna getel:

·        Sy’t dalk bietjie op die agtergrond verdwyn omdat sy nie assertief is nie.

·        Mense sien haar nie as ’n natuurlike leier nie; eerder as lid van die span.

 
Jou April-uitgawe van SARIE is Maandag te koop. Lees ook wat Bok te sê het oor sy meisie, Hanna.

Kyk ook na die foto-gallery toe Hanna haar liefdadigheidsprojek besoek het.

  • Elize

    Hanna jy het jou staal gewys, en jy kan baie trots op jouself wees. Jy het beslis baie punte in my oe verdien en my regtig verbaas.

  • Nic en Marietjie Grobler

    Ons is trots op jou en het geweet jy sal met die krag wat die Here gee, net sterker anderkant Survivor uitkom . Lief vir jou. Pappa en Mamma

  • Lorraine

    Sjoe Hanna, jyt jou baie goed van jou taak gekwyt op survivor! Ons almal is so trots op jou want dit vat sommer emmersvol deurnis om te doen wat jy het en jyt nie opgegee nie! Great!!