Ons praat met

Survivor SA: Agter die skerms van Episode 2

Wie’t nou gedink Survivor SA: Santa Carolina gaan so snaaks wees? Een deelnemer se ”intiemer” dele kom onder bespreking. Wat is fout en hoe voel sy mede-stamlede daaroor? Nico se opmerking tydens een van die uitdagings oor die arme ou se ‘manlikheid’ is skreeusnaaks. G’n wonder die episode is PG-rated nie!

Dit was ook lekker om te sien hoe al hoe meer alliansies gevorm word. Dis nie meer ‘n geheim wie een van die hoof-konkelaars is nie.

En van wie praat Darren Maule as hy sê: “Sy is ‘n 100% boerevrou”? Kyk vanaand en vind uit!

Gaan na www.mnet.co.za vir meer

Eksklusief! Sarie.com gesels môre met wie ookal vanaand uitgestem word. Onthou om te kyk: Vanaand op M-Net, 19h30.