Ons praat met

Survivor SA, episode 6: “Opwindendste een nog!”

Hierdie is sover die opwindendste episode van Survivor SA. Christina Storm is nie die enigste deelnemer wat op die eiland oor haar kind gehuil het nie – hierdie keer is dit ‘n man.

En Okkert is ‘n masjien. Dis die moeite werd om Survivor nét vir sy brute krag te kyk. Hy pak Survivor soos ‘n wêreldkampioenskap aan – hy weet wat die beloning is as jy jou opponent se gees kan breek vóór jy hom fisiek takel.

Hoe kry hoofkonkelaar Ashley dit reg om almal in haar stam aan die neus rond te lei sonder dat hulle dit agterkom?

Moenie vanaand se episode misloop nie!