gigi
Ons praat met

Survivor 2010: GiGi oor wat sy met haar wengeld gaan maak en die toekoms

Hoe voel dit om die wenner te wees?
Ek was uit my diepte met Survivor. Ek kon nie glo ek het deur die uitdagings gekom nie, al het ek dit nie gewen nie. Ek is trots om die wenner te wees en ek voel bevoorreg om saam met Ashley in die eindronde te kon wees.
 
Ashley het baie aandag tydens Survivor gekry. Dink jy dit het jou gehelp om te wen?
Ek dink dit het gehelp dat ek nié baie aandag gekry het nie. Daar was altyd iemand anders om uit te stem voordat my stamlede my wou uitstem. Ek kon dit regkry om nie uit te staan nie. Ek het my eie onderneming waar ek bevele moet gee, so dit was moeilik om stil te bly op die eiland. Maar ek het geweet as ek dit nie doen nie, staan ek nie ‘n kans om te wen nie.
 
Sommige mense meen jy het nie veel gedoen om te wen nie; jy’t op Ashley se rug gery om tot by die einde te kom.
Ek het ‘n ‘karakter-speletjie’ gespeel. Ek wou eerlik en getrou aan myself wees. Ek is dankbaar teenoor Ashley dat sy haar belofte aan my nagekom het en my gekies het om na die eindronde toe te gaan.
 
Jy’t al genoem jy wil jou klub, The Lollipop Lounge, uitbrei met die geld wat jy gewen het. Wat presies wil jy doen?
Daar is nie genoeg ruimte in die klub nie. Ek wil graag vir die meisies nog aantrekkamers bou en ook ekstra toilette. Op hierdie stadium moet mans en vroue die toilette deel.
 
Jy is as ‘n aktrise opgelei. Enige rolle in die pyplyn?
Daar is ‘n moontlikheid dat ek saam met Willie Esterhuizen gaan werk. Ek is ook besig om ‘n boek, Nipple Caps and G-strings, te skryf wat volgende jaar Januarie behoort te verskyn. Dit gaan oor hoe die bedryf waarin ek werk oor die jare heen verander het.
 
As jy kon kies wie saam jou na toe top 2 kon gaan, wie sou dit wees?
Ek dink ek sou vir Ashley saamgevat het.

Hoe het mense se persepsie van jou verander met Survivor?
Dis vreemd dat kinders nou saam met my wil foto’s neem. Tannies het in die apteek na my toe gekom en gesê hulle gaan vir my stem. Ek dink mense kon met Survivor sien, al is ek ‘n eksotiese danser, beteken dit nie ek gaan topless rondom die vuur dans nie.

  • Christa

    Geen kommentaar

  • http://hpyfmapvvzdk.com/ yqkmhsqy

    uYTiUA sxbimpolumvf, [url=http://nlnxboryleul.com/]nlnxboryleul[/url], [link=http://hpibklraguxj.com/]hpibklraguxj[/link], http://xurrwluuoykw.com/