Ons praat met

Survivor-spanning: ProVerb en Sade praat uit

ProVerb en Sade het geen kans teen Ashley gehad nie, veral nie omdat sy skielik die vermoë gekry het om die een na die ander immuniteitsuitdaging te wen nie. Hulle het op ‘n mediakonferensie gesels oor ‘n sesde sintuig wat op die eiland inskop en die sielkundige invloed wat Survivor op jou het.  
 
Sade, jy was baie kwaad toe jy uitgestem is. Jy’t nie eens, soos die ander wat uitgestem is, na jou stam gekyk voordat jy moes loop nie. Was jy nog steeds so kwaad met die tribal council daarna?
Ja, die emosies was nog vars in my geheue. Ek was baie onsteld.
 
ProVerb, hoekom het jy omtrent niks op die eiland gedoen nie? Jy was nogal lui.
My lyf het na net ‘n paar dae op die eiland ingegee, maar my gees was altyd sterk. Ek glo ek het die regte houding gehad. Al was ek nie fisiek sterk nie, was ek altyd positief.
 
Jy was baie vriendelik met GiGi en Ashley toe hulle teen die jurie te staan gekom het. Was jy nie net ‘n bietjie kwaad omdat Ashley jou uitgestem het nie?
Jy ervaar twee tipe emosies wanneer jy Survivor doen. Die een tipe is wanneer jy nog in die speletjie is en die ander is wanneer jy van die eiland af is en alles in perspektief sien. Op ‘n vlak moet jy respek hê vir hoe Ashley die speletjie gespeel het. Toe ek uitgestem is, het ek gevoel, ag tog! Maar ek kan erken daai twee vroue het Survivor ongelooflik goed gespeel.
 
Sade, jy was nogal emosioneel aan die einde van jou tyd op die eiland.
Ek was. Toe ek die immuniteitsuitdaging net-net teen Ashley verloor het, het ek geweet dis die einde van my pad op Survivor.
 
Hoe’t jy dit geweet? Julle vroue het tog ‘n alliansie gehad.
Op die eiland skop jou sesde sintuig in. Ek het net gevoel ek gaan uitgestem word. Ek was ‘n bedreiging vir Ashley omdat ek haar amper gewen het met daai uitdaging. Ek het geweet sy kan die speletjie draai en sy gaan.
 
As jy in die posisie was om iemand saam jou na die finale twee toe te vat, wie sou dit wees?
Ek dink ek sou vir GiGi saam my gevat het. Ek sou getrou aan my oorspronklike stam gebly het.   
 
Pro, jy was onder die top drie en baie naby om die geld te wen. Het jy ooit gedink wat jy met R500 000 sal maak?
Ek het nie gedink wat ek met die geld sal doen nie. Ek het op ‘n tyd wel gedink ek staan regtig ‘n kans om Survivor te wen. Tot op die laaste minuut het ek geglo ek kan dit doen. Dit is hoe ek die heeltyd gespeel het: met geloof dat ek kan wen.
 
Ons wag nog steeds vir jou om ‘n krap te vang.
Ek glo ek sou dit uiteindelik kon doen.
Sade: Pro het baie hard probeer om vis te vang. Hy het vir ure op daai rots gesit. Hy het regtig probeer.
 
Sade, hoekom het jy besluit om aan Survivor deel te neem?
Ek het gedink dit gaan ‘n wonderlike ervaring wees. Ek het nie vir een oomblik gedink dit gaan so erg wees nie. Ek het half-anoreksies en amper Indies teruggekom soos wat ek gebrand het. Ek het ten minste gedink ons gaan ‘n appel ‘n dag of bietjie water kry om onsself mee skoon te maak.
 
Hoeveel gewig het julle verloor?
Sade: Ek het net ‘n kilo verloor, maar ek het baie liggaamsvet verloor. My lyf is nou nog besig om te herstel. Ek het nogal siek geword as ek baie kos op een slag geeëet het.
Pro: My lyf het binne sewe minute herstel. Ek het omtrent 10 kg verloor en probeer dit nou afhou.
Sade: Maar jy’t klaar weer vyf opgetel.
Pro: Wel… Kom ons sê maar net dinge is terug na normaal. Ek gaan nie enige tyd gou ‘n rooi Speedo dra nie. Dalk in 2014.
 
Watter sielkundige invloed het Survivor op julle gehad?
Pro:
My seun het begin kruip en ek het dit misgeloop omdat ek op die eiland was. Nou, om net ‘n naweek weg te wees van hom af, is erg. Dit het gelyk of hy wil begin loop en ek twee weke ophou werk sodat ek dit nie misloop nie. Ek huil ook deesdae maklik. Ek het ‘n bietjie van ‘n softy geword.
Sade: Ek voel nou asof ek enigiets kan doen. Letterlik. Daar is nou min dinge wat my bang maak nadat ek vir 26 dae op ‘n eiland oorleef het.
 
Sade, ons weet wat Pro se gevoel teenoor Ashley is, maar wat is joune?
Ek stem saam met Louw dat Survivor ‘n sosiale eksperiment is. Niemand gaan eiland toe om vriende te maak nie, maar dit gebeur. Jy dan nie net aan jouself dink nie.
 
Enigiets wat jy anders sou doen?
Ek sou Ashley onmiddellik met die merge uitgestem het. Daar was soveel ander mense wat ons gedink het ‘n bedreiging was dat ons nooit na Ashley gekyk het nie.  

  • Francois

    Ashley verdien om te wen, sy het die spel gespeel en die mense gemanupileer en almal in die spel sou dit doen as hul kon, maar het nie en die verwyte is alles net suur druiwe. ASHLEY IS DIE WENNER !!!

  • Susara

    Tog net nie Ashley vir Survivor SA nie. Die hele land is ‘n gekonkel en rugstekery agteraf, wat van iemand wat op ‘n eerlike en opregte wyse veg vir behoud soos die vorige survivor?

  • Suzanna du Preez

    Stem saam met Susara!!
    Moet nooit iemand vertrou met so ‘n gap tussen die tande nie!!
    Sy kan fluit!!

  • Sanette

    Ek hoop Gigi wen want sy is nie so ‘n rugsteker soos Ashley nie. Sy het baie meer geloofwaardig voorgekom. Ashley was slinks en skelm. Al was dit net ‘n spel moet mens jou menswaardigheid behou.

  • Wiehan Smit

    Ai mense, dis net ‘n game! Met enige speletjie (rugby, krieket, skaak, ens) moet jy jou opponent probeer flous. Well done, Ashley!! Well done aan Pro…jy vat dit soos ‘n goeie verloorder. Het respek gekry vir jou!

  • Linna

    Dit is net ‘n game, maar Gigi het die finale twee bereik met integriteit,sy moet wen!!!!!!

  • Annamarie

    Ashley is die B@#$% op die besem! Ek hoop Gigi wen!!!!!!!!!!!!!

  • Corlia

    Well done Ashley!! Sy verdien krediet vir haar tegniek.

  • Jolene

    Thumbs up for GIGI, she is so sweat and always walked in Ashley’s shadow. I hope she takes the honours.

  • Sarie

    Ashley is ‘n skelm en rugsteker. Ek hoop eerlikwaar dat GIGI sal wen. Sy is tog so nederig en verdien dit meer as haar oponent. GO GIGI!!!

  • Survivor Fan

    Wiehan, Ja dit is ‘n game, maar ons leef ons in die game in. "Jy sal nooit oorleef op so ‘n "game" nie….shame" Jy is te emosioneel!!!!!

  • Leoni

    OUTWIT, OUTLAST, OUTPLAY = SURVIVOR. Ashley het dit alles gedoen..= wenner.

  • Wiehan Smit

    @ Survivor fan: Verstaan nie wat jy nou eintlik probeer se nie… Emosioneel?? Drink jy dalk skelm? Jy yl, man!