quinne_keeney_law_
Ons praat met

Swanger Quinne Brown oor ma-wees

Ek hou nie van beplan nie en al was die goalie uit die pad, het ek nie die kalender dopgehou nie. Vreemde drome en kar-siekte het my laat besluit om ‘n swangerskap-tuistoets te koop. Ryan was so senuweeagtig! Ons het die toets twee keer daardie aand gedoen. Ek het die nuus dadelik met my ma, Salomé, my suster, Esther, en ons familie gedeel. Voor ek dokter toe is, het ek vier toetse gedoen! Dit voel soos ‘n wonderwerk.

Kalmte het dadelik oor my gespoel. Ek is gesond, maar die eerste paar maande kon ek byna nie my oë oophou nie. Nou voel ek beter as ooit. Dis ‘n baie aardse ervaring.

My lyf het vinnig gesê ek moet eerder stap en swem as draf. My liggaam verander daagliks en dis fassinerend. Ryan is fantasties. Ek het met ‘n engel getrou! Hy bederf my en laat my elke dag uit my maag lag. Hy is gebore om ‘n pa te wees en ek is baie opgewonde namens hom ook.

Ek hoop op ‘n natuurlike geboorte, maar dis een van daardie dinge waaroor ‘n mens nie beheer het nie. Die borsvoeding en bonding is iets waarna ek baie uitsien!

Ma-wees sal my dae vol uitdagings maak. Ek sal my kind ‘n liefde vir die natuur leer en saam met hom/haar gaan stap en dinge ontdek. Ons gaan sandkastele bou en op ons rug lê en na die wolke en sterre staar en stories opmaak. En ons gaan verf en inkleur en bak en brou. Ek is dankbaar vir die voorbeeld van my ma en my oorlede ouma Quinta. As ons kind net ‘n smakie van die liefde en betrokkenheid kan voel wat ek as kind ervaar het, sal ons op die regte pad wees.

Om’n goeie ma te wees is enige vrou se droom en ek hoop om elke oomblik daar te wees met liefde, geduld en planne. Pleks van bababoeke gaan my instink en my ma se raad my lei. Ek sal bly wees as ek waardes soos liefde, aanvaarding, selfvertroue, avontuurlus, vreesloosheid, positiwiteit en ‘n sin vir humor vir my kind kan leer.

My kind sal Afrikaans ook kan praat en die Suid- Afrikaanse wortels sal baie water kry. As my wense waar word, sal ons ‘n groot deel van ons kinders se lewe – ja, daar gaan nóg kinders wees – in Suid-Afrika deurbring. Ek sal graag my liefde vir die suidelike sterrestelsel en Afrika se son, bos, see en stad aan hulle wil oordra.

  • http://ggdjlwakfzwc.com/ gnqimvisic

    o34pi0 hspcvxinyzcy, [url=http://asjagtjqrkbl.com/]asjagtjqrkbl[/url], [link=http://iroiqfelbxnm.com/]iroiqfelbxnm[/link], http://mtrlzhjyvlhn.com/