Ons praat met

Tammy-Anne: “Die liefde is ‘n reis”

Sy het uit vorige verhoudings ‘n paar dinge geleer waaroor ‘n mens versigtig moet wees. Dis hieraan wat sy wil werk as sy in die toekoms weer betrokke raak in ‘n romantiese verhouding. Want sy wil tog graag eendag trou en twee kinders hê, erken Tammy-Anne.

“Dit voel mos goed om emosioneel veilig te wees by ‘n spesiale vriend… Maar dis belangrik om nie oorafhanklik van mekaar te word nie. Jy moet altyd jou identiteit behou,” sê Tammy-Anne.

Shannon MacNaughton, profiel-opsteller, lewensafrigter en matchmaker van Perfect Partners in Kaapstad het met Tammy-Anne gesels oor watter rol persoonlikheid in verhoudings speel. Tammy-Anne vertel oor haar grootste “foute” in die verlede.

Lees in jou Februarie-uitgawe van SARIE wat daardie “foute” is en wat Shannon daaroor te sê het.