Ons praat met

Tannie Evita en Charlize in Hollywood

Pieter-Dirk werk op die oomblik as gas-dosent aan die Universiteit van Kalifornië waar hy ‘n groep dramastudente help om humor te gebruik om vrees te oorwin. Hy het sy produksie Elections & Erections reeds met groot welslae in drie teaters in Los Angeles opgevoer en dis einste in die Glorya Kaufman-saal in LA waar die gehoor glo opgewonde opgespring het toe Charlize skielik haar verskyning op die verhoog saam met hom gemaak het.

Marguerite van Wyk het per e-pos met Pieter-Dirk Uys in Amerika gesels.

Hoe het dit gebeur dat Charlize saam met jou op die verhoog verskyn het?
Ons wil in die toekoms graag iets saam doen vir skole in Suid-Afrika oor MIV en ander probleme.

Ken julle mekaar goed?
Ons is sielsmaats.

Beskryf haar.
Haar voete is stewig geanker en professioneel op die aarde. Sy is snaaks, omhelsend en ontsaglik briljant in haar werk.

Het sy ‘n lekker sin vir humor?
Sy is ‘n boeremeisie wat vinnig en luid lag.

Charlize Theron

Waaroor het julle als gesels?

Tannie Evita en sy het gesels oor haar loopbaan en Tannie voel sy was verantwoordelik daarvoor!

Hoe het sy gelyk toe sy by jou gekuier het?
Elegant en lank.

Wat was die gehoor se reaksie toe sy skielik op die verhoog verskyn het?
Hulle het geskree, gegil en geklap.

Hoe ontvang die gehoor jou produksie oorsee?
Met ‘n geskree, gegil en geklap.

Aan watter produksies werk jy als op die oomblik?
Die 2010-sokkermaand, 11 Junie -11 Julie in Darling met ‘n show vir die miljoene besoekers, ‘n kookboek wat binnekort verskyn, ‘n rolprentfees in Darling in April, ens.

Jy werk as gasprofessor in Kalifornië en help dramastudent om vrees te oorwin deur humor. Hoe kan jy die man op straat daarmee help?
Begin elke dag kaal voor die speël en lag. Die béste manier om die dag te begin.

Geniet jy dit om daar te doseer?
Dis heerlik om nie alleen te wees soos dikwels nie. Daar is 21 ander persoonlikhede en idees met wie ek te doen kry. Ek is 64 en hulle is negentien en dit voel of daar geen ouderdomsgaping is nie.

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika as jy op reis is?
Afrikaans, my katte, my boeke en Malema.

Wat gaan die naam wees van die volgende produksie waaraan jy werk?
Dis te vroeg om iets te verklap, maar daar is groot moontlikhede vir lag en ‘n beter lewe vir almal in die gehoor.

Wat is ‘n paar dinge van die Amerikaners wat uitstaan waarby Suid-Afrikaners kan leer?
Hulle is te vet. Ons moet oppas. Hulle het te veel verkeer, ons moet keer. Hulle weet nie waar ons is nie, ons weet ten minste waar hulle woon. Hul bediening in restaurante is uitstekend. Ons s’n is goor. En húlle kan weer by ons leer enigiets is moontlik as mens daarin glo en daarvoor werk.

  • heloen

    Lekker man!

  • Elize

    Hoeveel ure neem dit die arme man om so te lyk en die "outfits’ wat tannie Evita dra te laat skep! Ag nee wat man, wees net die nimlike Pieter Dirk Uys met jou vlymskerp tong wat ons bly vermaak en begrawe die tannie. Laat haar stil heengaan in haar slaap en begrawe haar op Evita se peron. Die foto van Charlize is weereens meesterlik.

  • Chanyah

    Goeieste waar is daai resturante met die wonderlike bediening ek sal dit graag wil weet hulle is beslis nie in New York of Harrisburg PA nie… ek kla aldag oor die diens.. hier in die states beteken baie motors by ‘n restuarant nie goeie kos nie maar wel goedkoop met oral slegte goor diens… stem saam die mense is baie oorgewig en slordig maar dus al die kosse wat nie reg smaak en so geengineered is…

  • q9JU9v jqgdzpnqmhih, [url=http://kfgsfwjihwan.com/]kfgsfwjihwan[/url], [link=http://fhvanthsoavj.com/]fhvanthsoavj[/link], http://diuwgpjgdjct.com/