fanie_cronje_final
Ons praat met

Tempo-toekennings – die wenners!

SARIE se sosiale en stylredakteur, Fanie Cronjé, was gisteraand (11 Augustus) by die jaarlikse Huisgenoot Tempo-toekennings:

“Almal wat ‘n geluid in Afrikaans maak, was daar! Emperor’s Palace was lekker vol en Elma Postma was die seremoniemeester. Die aand het sy hoogtepunte gehad, veral dinamiese jong liedjieskrywers wie se songs deur bekendes soos Laurika Rauch, Eden, Juanita, Nicholis Louw en Elizma Theron, Brandon October en Jennifer Jones gesing is.

“Anna Davel was beeldskoon – sy’t nie eens nodig om te sing nie! ‘n Mens kan net vir haar kyk … Die stylvolste kunstenaars van die aand (nie van die jaar nie) was definitief Anna Davel en onse Juanita. En die 90’s upstyle-hare het geseevier.” 

Gewildste rock-album: Staaldraad, Staaldraad
Gewildste Sokkie- of dans-album: Kurt Darren, Uit die Diepte van my Hart
Gewildste gospel-album: Willie Joubert, God van Wonders
Gewildste tradisionele album: Klipwerf-orkes, Hantam Toeka
Gewildste pop-album: Nicholis Louw, Vergeet en Vergewe
Gewildste kopskuif-album: Die Heuwels Fantasties, Die Heuwels Fantasties
Gewildste humor- of komedie-album: Wicus van der Merwe, Hooit!
Gewildste kontemporêre album: Theuns Jordaan, Kouevuur
Gewildste DVD: DJ Ossewa, Manne-wa-lus
Gewildste nuweling: Romanz, Reik na die Sterre
Gewildste liedjie: Juanita du Plessis, Tussen Woorde
Gewildste manlike kunstenaar: Kurt Darren
Gewildste vroulike kunstenaar: Juanita du Plessis
Topverkoper van Afrikaanse musiek: Kurt Darren, Uit die diepte van my hart
(Bron: Die Burger)

Lees wat Kurt oor al sy toekennings te sê het

  • Adriaan

    Ek was daar en ek weet Fanie lyk nie so soos hier op sy foto nie, hy’s veel hotter.