thys
Ons praat met

Thys die Bosveldklong wys sy babaseun – FOTO’S

Stiaan is op 26 Julie 2010 (2 weke vroeër as verwag) in die Kloof-Medi-Clinic in Pretoria gebore. En Thys het toe reeds erken dat hy nou “op 36 besef waaroor die lewe gaan”. (Bron: www.volksblad.com)

Thys het ‘n druk skedule en is soms vir lang tye weg van die huis af. Verlede week het hy op sy Facebook-blad gesê: “Terug by die huis na 3 weke toer, nou’s dit familie tyd . . .  het my byna doodverlang na klein Stiaan en sy Mamma! Kan nie glo hy het so vinnig gegroei nie. Vandag gaan hy en Pappa speel en vir Mamma bietjie n af-dag gee, sy verdien dit!”

En op sy Twitter-blad word die foto’s van pa en klein Stiaan gereeld opgesit, (veral 3h00 in die oggend wanneer daar doeke omgeruil en bottel gegee word).

Met Stiaan is sy arms, sê Thys: “Is daar enige iets lekkerder as dit? Dis mos waarna n Pa uitsien en wil terug kom huistoe!”

Stiaan Steicher
Ma Debbie en klein Stiaan
  • elize

    Thysie jy was nog altyd ‘n oulike man, maar ek sien jy is ‘n nog ouliker pa. Geniet jou kleinding. Jou fan vir altyd.

  • Lelanie Pienaar

    Baie cute geluk en geniet hom XXXX

  • Nadia

    Te dierbaar vir woorde.

  • adele

    Thys & Debbie

    Stiaan is ‘n engel aan julle gegee. Hy is te pragtig vir woorde dis ma en pa se "goue liefde" vir altyd.

    Ons is trots op julle twee en weet ons bly altyd "fans" van die jul.

    Geniet hom tenvolle, ps nou kort sussie net.

    Liefde

    Adele, Louis & Ricus Nothnagel
    RUSTENBURG

  • http://jhyxhpistnbm.com/ odbylhppvod

    B6OTZX isyouyrflftj, [url=http://tsemcgdogqlh.com/]tsemcgdogqlh[/url], [link=http://vcgaqbkbofxv.com/]vcgaqbkbofxv[/link], http://wddvgtswnusu.com/

  • Tanswell Verryne

    Geluk,ek weet sommer hy ga net soveel fun wees.

  • Leatitia Herbst

    Was nog altyd mal oor jou musiek. Ek is ‘n ou vrou. Ek wil graag met jou praat is daar ‘n e-pos wat ek na toe kan skryf.

    Geluk met jou seun ek dink dit is ‘n wonderlike geskenk soos jy sê dit is iets om na uit te sien en huis toe te gaan. Geniet hom hulle word so gou groot.