wittebrood_turkeye_084rz
Ons praat met

Boer Soek ‘n Vrou se Tickey en Selme-Louise wys hul wittebroodsfoto’s

Marguerite van Wyk het Tickey van Wyk (35), van Boer Soek ‘n Vrou-faam, in Checkers op Beaufort-Wes opgespoor, besig om inkopies te doen saam met sy vrou, Selme-Louise (28), nadat hulle onlangs teruggekeer het van hul wittebrood in Turkye

Volgens hom is die koskaste leeg en hy is weer lus vir lekker kosmaak.

Waar presies was julle in Turkye?

Twee dae in Istanboel en toe in Antalya, aan die Mediterreense kus.

Hoe was die wittebrood?

Verskriklik lekker. Ongelooflik. Dit reën mos nie nou daar nie. Elke dag is soos die vorige. Droog en warm.

Wat was die heel lekkerste van die wittebrood?
Buiten my vrou, was daar ‘n klómp heerlike aspekte. Die Turkse kos! Ons het baie tyd by die sjefs agter in die restaurante in die kombuis deurgebring om te sien hoe hulle die skaapvleis gaarmaak. Vir ‘n skaapboer van Loxton is dit nogal ‘n ervaring. Istanboel was ook ‘n belewenis. Daar woon 20 miljoen mense. En dis ‘n ongelooflike mooi stad. Maar ek hou nie baie van ‘n Turk nie. Hulle pla jou. En hulle los nie jou vrou uit nie. Dit irriteer jou ook dat almal jou by hulle restaurante probeer inlok. En hulle trek jou aanhoudend aan die arm.

Watter ander lekker dinge het julle daar beleef?

White-water rafting in die Turkse berggebiede saam met sowat tien mense van verskillende nasionaliteite wat almal dink hulle is die beste roeiers. Pole, Russe, Duitsers . . . ons. Elke ou roei op sy manier. Dan val die ding om en dis ‘n chaos. Dis nogal gevaarlik. Ek het voor op die neus gesit en Selme-Louise agterop.

Is julle nog nét so lief vir mekaar soos met die troue op 20 Junie in Nelspruit?

Nóg meer. Ons begin mekaar nou eers goed ken en raak net beter vriende. Ons groei elke dag meer op mekaar. Dis fantasties. Dis lekker om nie alleen dorp toe te ry nie. Ons het vandag sommer so skelm nege putjies gholf gaan speel. Selme-Louise se pa is ‘n goeie gholfspeler. Ek het nou eers begin speel.

Wat was die eerste ding wat julle gedoen het toe julle teruggekom het?
Ons is op die lughawe deur vriende verwelkom en het toe eers in Pretoria gaan braai en ‘n lekker Black Label gedrink.

En wat lê voor vir die res van die jaar?

Vanaand kom 21 jagters by my aan. Nou is dit net skouer aan die wiel met die boerdery. Ons het die ou huis reggemaak. Selme-Louise gaan die ou boekhoustelsel oorneem en ‘n paar dinge verbeter. Hier is baie werk vir haar. Ons wil mekaar net nóg beter leer ken. Ons wil vir seker kinders hê, as ons so geseënd is.

Julle kan seker nie op straat verskyn sonder dat die mense julle bydam vir handtekeninge nie?

Nee man, ek is net ‘n skaapboer en sy is net ‘n juffrou. Mense groet jou en so hier en daar wil iemand hê ons moet vir foto’s poseer. Met die nuwe Boer soek ‘n vrou sal ons op die agtergond skuif.

Hoe voel dit, noudat julle uiteindelik ware liefde gevind het, was dit die moeite werd om te wag?
Beslis. Niks is gewaarborg nie. As ek vroeër getrou het, dink ek dit sou ‘n fout gewees het. Ek dink die wenbestanddele van ons huwelik, hoewel ons nou nog nie eens ‘n maand lank getroud is nie, is dat dit help dat ons van dieselfde agtergrond kom. Ons is groot Christene en ken die boerderybedryf, en albei het ook al ‘n bietjie swaar gekry. En hier waar ons bly, gaan jy net so een keer elke twee weke dorp toe om pos te kry. Dis nie altyd so maklik vir ‘n vrou nie.

  • MARTIE VAN GEORGE

    PRAGTIG. DIT IS NOU ‘N REGTE SPROKIES VERHAAL. EK GLO DIT GAAN MET JULLE HUWELIK BAIE GOED GAAN. DIE LIEFDE OORWIN ALLES. LAAT JULLE LIEFDE EN GELOOF GROEI EN GELUK IS DIE EINDRESULTAAT. ALLES VAN DIE BESTE.

  • Mari Bredenhann

    Ek is mal oor die program boer soek ‘n vrou en Tickey en Selme Louise was van die begin af my gunstelinge. Julle is ‘n pragtige paartjie en ek wens julle alle geluk en voorspoed toe,

  • Alice

    Ai tog, wat ‘n pragtige 2 mense! Ek dink hulle is die perfekte paartjie! Tickey & Selme-Louise: as julle ‘n huwelik kan he soos myne, sal julle NOOIT terugkyk nie, met die regte maat is dit die wonderlikste tyd van jou lewe! Nie almal is gelukkig om getroud te wees met "the love of their life" nie – koester dit en geniet dit!

  • http://www.sarie.com Hannelie – Worcester

    Ticky & Selme-Louise ek wens julle alles wat mooi is toe vir die toekoms. Julle is vir my die mooiste paartjie. En as daar mense sê dit sal nie lank hou of werk nie, wel ek het nuus vir hulle. Ek het my man ‘n week geken toe raak ons verloof. Ons is vandag 19 jaar gelukkig getroud met 2 pragtige kinders. As mens lief is vir mekaar, kan niks en niemand die spesiale band want net groei en groei, breek nie. Geniet die res van jul lewe saam!!

  • http://www.mweb.co.za Jackie Enslin

    Alle voorspoed en seeninge aan ‘n pragtige paartjie. Solank die Here die Hoof is van julle huis sal julle gelukkig wees. Ons is trots op julle. Die huidige BSnV is so ‘n klug en teleurstelling met boere wat nie regtig ‘n goeie maat soek nie maar net TV publisiteit. Groete en mooi bly van Suid Afrikaanse dames.

  • Elsie Groenewald – Roodepoort

    Ahhhh… Wat ‘n stunning paartjie!! Ek is so trots op Tickey en Selme-Louise! Hulle het die ding van die begin reg aangepak!! Julle is ‘n ware voorbeeld vir ons!!

    Boer soek ‘n vrou 2 is regtig ‘n teleurstelling in vergelyking met die oorspronklike Boer soek ‘n vrou! Dit is duidelik dat dit vir sekere van die (ouer) dames gegaan het om ‘n ryk boer te "vang", groot was die teleurstelling ne… En dan diegene van die Wynland vir wie dit oor niks anders as fisiese aantrekking gegaan het nie… My respek lê by die boere wat hulle hande tuis gehou het en vir wie dit oor vriednskap gegaan het en nie met elke meisie in hul huis gevry het nie!!

  • Janet

    Ek dink ook Johann en Stella pas baie mooi bymekaar. Francois en Sam ook…maar ek dink hy het klaar sy hart op ander meisie verloor? Ludwig en Alna pas mooi bymekaar ek hoop alles werk uit vir hulle. Ja nee ek stem saam dat Pieter en Ashley mooi bymekaar pas, soort soek soort!!

  • Zelda Erasmus Hanekom

    Ai lekker om te hoor jy doen shopping in B/Wes – my ou tuisdorp.

    Baie geluk julle 2 en mag jul altyd gelukkig wees en lief wees vir mekaar.

  • magda

    Ek stem. die reels moet bietjie strenger wees. as iemand van buite inkom, moet daardie boer dadelik onttrek en een van die ander boere wat minder briewe gekry het ook ‘n kans gee. Elma – juis puik, hanteer die program goed en ken jou storie. Ek stem, hierdie episode was nie great nie. Ludwig – hoe kon hul hom oorweeg het om die drama queen op tv te wees. hys glad nie gepas vir boer soek ‘n vrou nie. Franscois – jammer, jou hart was van die begin af nie by die reeks nie. Sam is pragtig, maar jy het nooit eers probeer om haar vas te hou nie. Sien uit na die volgende Boer soek ‘n vrou 3!

  • wendy

    al wat ek gaan se julle is n stunning paartjie kom van goeie opgevoede ouers laat alles net mooi wees in julle huwelik good luck ,,,

  • wendy

    boer soek n vrou 3 moet nie toe laat dat buitestaaners inkom nie dit is nonsens,,,,ludwig en francois was glad nie van plan om vrou te kry nie,,,elma jy het n stunnung job gedoen jy hanteer alles baie goed….

  • Charmaine Cornelissen

    Vandag vir Herman ontmoet by Marlene vd Westhuizen se ete. Herman sterkte ek sien jy is reg om vir al ons Sarie lesers ‘n paar interesante resepte te leer. Ons sien uit daarna en gaan die kos rubriek dop hou en kan nie wag vir al die lekkernye wat jy van vertel het nie.

  • Gerda-Marie Pratt

    Tickey en Selme-Louise, wanneer sien ons ‘n foto van julle baba – wat seker nie meer ‘n baba is nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Julle is so ‘n pragtige paartjie en ek hoop julle is nog net so gelukkig soos die dag wat julle getroud is. Alle sterkte vir 2011.

  • Gerda-Marie Pratt

    My dogter, wat Engels is, was so beindruk met julle program dat ek elke Donderdagaand die Skype moes opstel sodat sy daarna kon kyk. Sy het geen DSTV gehad waar sy gebly het nie. Moet se, dit is nogal ‘n kompliment vir julle.
    Alles van die beste vir 2011 en vir die 4de reeks. Het reeks 3 baie geniet en ek hoop dit gaan goed met al die boere en hulle geliefdes.

  • Marianna Groenewald

    Wanneer sien ons weer hoe gaan dit tans met Tickey en Selme-Louise en klein George?

  • itysrgi

    tq63qg gphvmnthdsqe, [url=http://ocgzvqbwcehq.com/]ocgzvqbwcehq[/url], [link=http://sdpfxldcasks.com/]sdpfxldcasks[/link], http://pdqnwcsarzmd.com/

  • Marianne Potgieter

    Selme-Louise en Tickey was van die begin af my gunstelinge hulle het so perfek by mekaar gepas. Hulle lewe lyk soos n sprokie wat waar geword het net soos die prins op die witperd sy prinses gekry het. En toe daarna n pragtige seuntjie ryker. Dit klink soos n sprokie , maar ek weet hulle huwelik is op die rots Jesus gebou, dit is hoekom hierdie paartjie so geseend is. Sal graag wil weet of daar ander kleingoed is. Julle is n stunning paartjie, ek hoop die ander boere wat n lewensmaat kry gaan gelukkig soos julle wees.

  • Hannelie

    Ek stem saam, wanneer sien ons weer van Tickey en Selme Louise asook van die ander boere wat van hul geword het, wie is getroud, wie nogsteeds ongetroud. Ek probeer nuus op die internet soek, maar daar is niks.

  • shulc
  • M8ZRfJdO
  • Ouma Hester

    Wanneer hoor ons weer van Tickey en Selme-Louise. Ons sal baie graag die baba wil sien. Van ‘n
    baie nuiskierige ouma wat nogsteeds dink dit was die mees romantiese troue.

  • unknown

    Is louis mal om vir elke huistoe te stuur ek skiet hom sommer met die kop