41485_100000479010545_4061_n
Ons praat met

Toks gaan vir die Bokke sing! Hy vertel hoe hy vandag voel.

 
Hoe voel jy oor die groot sing?
Vlinders in die maag. Ek het vanoggend lekker met Victor Matfield gesels oor die wedstryd. Dis ‘n groot eer om die Volkslied te sing. Ek is trots op my land. Dis baie moeilik om te sing. Moenie dat iemand vir jou vertel dis maklik nie. Dis lekker om saam met Karen te sing. Mense wat koor kan sing, sal weet hoe moeilik dié lied is.
 
Jy het glo koor gesing op skool?
Ja, van sub A tot matriek. Baie seuns dink koorsang is nie vir seuns nie. Maar dis wonderlik om te ontspan. ‘n Ou het al vir my gesê hy moes kies tussen jeugkoor en rugby, toe kies hy rugby . . . Daar gaan soveel emosie deur my as ek sing. As ek Jean de Villiers sien sing, sien ek soveel passie, ek kry hoendervleis.
 
Hou jy van Afrikaanse musiek?
Ja! Broers Nic Stevens, Christo Snyman & Cobus Snyman se musiek is baie goed. En ek ken vir Kurt Darren en ek hou ook van Ray Dylan.
 
Gunsteling Afrikaanse liedjies?
”Soos bloed” en ”Train na Margate”.
 
Wat gaan jy doen as die senuwees knaag voor jy voor die skares moet optree?
Jy moet maar glo aan die liewe Vader. En lag laat my ontspan. Gelukkig hou ek van mense. Dis so ‘n groot gebeurtenis. Jacques Fourie sê hy wil nie naby my staan nie, want hy weet nie wat ek gaan doen nie!
 
Kan ons ‘n CD van jou verwag?
Julle sal maar moet wag en sien!
 
Hoe voel jou vrou, Annelize, oor jou wat so sing?
Sy vlieg vanmiddag van die Kaap op om my te ondersteun en is baie trots.
 
En jou dogtertjie, Alné (10)?
Sy sing ook koor. Môre gaan sy by ons au pair, ‘n wonderlike vriendin, in ons huis in Tygervallei op die televisie kyk na Pappa. Dis ‘n groot geleentheid vir die familie.

  • Joyce Geers

    Ons is trots op jou. Jy gaan uitstekend wees.

  • Tom Ferreira

    Kan nie wag om jou in aksie te sien/hoor nie, my ou tjom! Nou moet jy nog net reel dat ons tweetjies vir die Engelse "Swing low, swing chariot" sing. Of dalk kan ons die Boere-haka opvoer: die HKGK.

  • Riekie

    Toks, jy het jou uitstekend van jou taak gekwyt.