Ons praat met

Trends 2011: Junie

Dis Wêreldomgewingsmaand, maar gee SA regtig soveel aandag aan groen kwessies soos wat kenners sê ons moet?

Meer as wat jy dink, sê Jacquie Myburgh Chemaly, redakteur van die  tydskrif Visi.

“As ek by huise inloop, is ek heeltyd verras oor hoe bewus mense van groen kwessies is. Herwinning en gloeilampe met ’n lang lewensduur wat energie spaar, is deel van ons leefstyl. As mense deesdae huise laat bou of opknap, doen hulle dit op ’n groen manier.

Jacquie glo om groen te leef gebeur in fases. “Mense doen eers wat hulle kán, soos om hul gloeilampte te vervang. Later sal ons ook sonkragstelsels begin installeer.”