sr1101countdown_4_tif
Ons praat met

Trends 2011: Maart

Op 3 Maart is dit Wêreldboekedag en dit gons oor die groei in e-boeke. Jy kan deesdae duisende boeke en
tydskrifte stoor en lees op Apple se iPad of e-lesers soos Kindle.

NB Uitgewers sal vanjaar ook e-boeke verkoop wat verskeie genres en markte dek, sê Eben Pienaar, reklameagent: fiksie, van die groep.

Ook SARIE is reeds van ons Desember 2010-uitgawe beskikbaar op Zinio, die wêreld se grootste aanlynnuusstalletjie, sodat jy die tydskrif op jou e-leser, iPad of rekenaar kan aflaai.

Gaan na www.kalahari.net en tik SARIE Digital Downloads of SARIE E-magazine by die soekfunksie in. Dit kos R25,16 vir een uitgawe of R224 vir 12 uitgawes.

Oscars

* SA se groot kans by die Oscars op 27 Februarie is die fliek Life, Above All wat vigs as tema aanroer. Dit is reeds op die kortlys om vir ’n Oscar benoem te word.

* Ons kan ook, nes in 2010, uitsien na ’n rits Afrikaanse flieks, soos Platteland met Bok van Blerk en Lianie May, PS Ek lief jou met Kurt Darren, Saak van geloof met Robbie Wessels, Getroud met rugby: Die onvertelde storie, Roepman, Superhelde en Trompie.