sr1101countdown_5_
Ons praat met

Trends 2011: November

Dis November en gewoonlik is dit die een partytjie ná die ander. Maar in 2011 hou ons sommer heeljaar partytjie met al die internasionale kunstenaars wat in SA kom optree. In Februarie is dit die Ierse rockgroep U2 in die nuutgeboude Wêreldbekerstadions in Johannesburg en Kaapstad. In April tree die balladekoning Neil Diamond vir die eerste keer in Suid-Afrika op. En in Mei is Roxette by Sun City en in Kaapstad te sien. As jy meer van dansmusiek hou, kan jy uitsien na die Britse groep Faithless, wat ook in Februarie hier ’n draai maak. Teen druktyd het ons gehoor die rockgroep Kings of Leon is ook op pad.