sr0711patricia01new
Ons praat met

Tussen vleis en musiek

Musiek met groot name om ‘n bees se agterkwart bekend te stel? Dis soos hulle dit daar op Rustenburg doen – met ‘n hele musiekfees hierdie naweek!

Daar’s die vleis – agterkwart, kortrib, vark en Bockwurst teen afslagpryse – en dan’s daar die musiek, met voorste sterre soos Patricia Lewis, Pieter Smith, Karlien Husselman, Hennie Smit (Bertie in Egoli, Plek van Goud) en Sorina Erasmus (Flooze van 7de Laan). Ook Vernon Koekemoer, daardie “internet-superster”, kom maak ‘n draai. 

Vanwaar dié kombinasie?

“Die Meat World-musiekfees het reeds ‘n tradisie geword,” vertel Angelino Perreira, besturende direkteur van Meat World. Terselfdertyd open die groep hul agtste tak in SA by die Magalies View-winkelsentrum op Rustenburg.

Toegang tot die musiekfees is gratis. “Belangrik: Bring ‘n kampstoel, kombers en sambreel saam,” sê Angelino.

En steek aan die vure, reën of nie!

*Meat World Rustenburg kan gekontak word by 014 592 1315/6.